Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch … Vir die meeste mense is dit net die naam van ‘n seunskool, maar vir dié van ons wat die voorreg gehad om hier te kon skoolgaan, is dit baie meer. Geleë op die oewer van die Eersterivier, met die Stellenboschberg as agtergrond, lê die uitgestrekte kampus van die Paul Roos Gimnasium, die twaalfde oudste skool in Suid-Afrika wat ryk is aan ’n tradisie van uitnemendheid op alle terreine van die opvoeding.
…Dit is dus geen wonder nie, dat die vooruitsig van ons 50 jaar-reünie in 2023 ‘n stille wekroep tot aksie was vir die beplanning en reëlings om die goue herdenking van ons 1973- matriekjaar ‘n baie spesiale geleentheid te maak.
Gebruik die skakels hieronder om ons jare by PRG te herontdek.

PRG Old Boys
Meld vandag aan om ‘n lid te word






