Categories
Profiele

Jannie Smit

Na vele versoeke van Kobus en ook ou Mossie van die Paarl, met wie ek soms kontak gehad het, skryf ek graag ‘n paar woorde.  Jul omgee vir ‘n ou wat net een jaar – 1973 –  in Paul Roos Gimnasium was, is bemoedigend. Ja, seker een van my moeilike jare veral oor vakkeuses. Ek […]

Categories
Profiele

Niël du Bois

Party mense weet van vroeg wat hulle met hul lewe wil doen en volg die plan getrou. Dis goed so, maar dis nie vir my nie. Ek het ‘n hele paar draaie deur die lewe geloop – so uiteenlopend soos die wildspesies in Botswana. Dit is/was presies soos ek dit wou gehad het. Na ‘n […]

Categories
Profiele

Erno Coreejes

Categories
Profiele

Richard Daneel

Categories
Profiele

Pietie Carinus

‘n Natuurlike gholfspeler Onderhoud met Pietie Carinus deur Danie van Niekerk, 16 November 2024. Pietie Carinus, Sterfdatum: 25 Desember 2024 Huldeblyk: TBC

Categories
Profiele

Tessie Smit

Categories
Profiele

Eggie Sippel

Categories
Profiele

Danie van Niekerk

Categories
Profiele

Ferdie Gerber

Om iets oor jouself te skryf is byna soos om die tru-spieëltjie te kyk…mens kyk na refleksies op jou pad. So die vraag is: Hoe was my pad? Wel, ek het definitief tye spandeer op voetpaaie, stofpaaie, bospaaie, sinkplaat-paaie en af en toe op teerpaaie … en hoewel die paadtjies somtyds rof en deurmekaar was, […]

Categories
Profiele

Leon Mostert

Categories
Profiele

Boksie de Clerq

Categories
Profiele

Abe Bardin

Na matriek, army toe vir ‘n jaar in 1974. Basiese opleiding saam met Danie van Niekerk en Eg Sippel by 8 SA Infanteriebateljon op Upington gedoen en daarna ‘n drywer op Walvisbaai (Rooikop), steeds saam met Eg. Maties toe vir BCom en LLB, waar Anthony Melck (Ekonomie) en Andreas van Wyk (Regte) groot invloed op my […]

Categories
Profiele

Wilhelm Kenny

Categories
Profiele

Carl Christiaan (Callie) Theron

Gebore op 26 Maart 1956 in Ithaca, New York State, Verenigde State van Amerika. Kom op eenjarige ouderdom na Stellenbosch. Laerskool van sub A tot standard 5 aan Denneoord Laerskool voltooi. Hoërskool van standard 6 tot matriek aan Paul Roos Gimnasium voltooi. Matrikuleer in 1973. Doen 12 maande diensplig in 1974 as lid van 11 […]

Categories
Profiele

Schalk Liebenberg

Ek is op 3 Augustus 1955 in Stellenbosch gebore, Crusestraat 7, Krigeville. Ek was die jongste van 7 kinders, met drie broers en drie susters. Daar was op ‘n tyd ‘n foto van my en my oudste broer in die Burger, ons het die grootste verskil in ouderdom gehad tussen twee kinders van dieselfde ouers […]

Categories
Profiele

Gideon Landman

Categories
Profiele

James Matthee

Categories
Profiele

Sarel Steel

Categories
Profiele

Radie Loubser

Gebore 4 November 1955 as die derde van vier seuns. Groot geword in Dennesigstraat 4, Stellenbosch.  My pa was ‘n landmeter en het ons broers van jongs af beurtelings saamgeneem op opmetings. Ek het al voor skool my eerste visstok gekry.  Drie gesinne van Stellenbosch (die Murrays, Perolds en Loubsers) het oor die jare heen […]

Categories
Profiele

Nols Heunis

Ek het op Woensdag 8 Februarie 1956 in Stellenbosch Home my eerste lewenslig aanskou as die eersgeborene van Louis en Elizma Heunis, toe woonagtig te Krigeville Woonstelle en later Keetstraat 5, Stellenbosch. Ek is bevoorreg om een van ‘n handvol manne te wees wat vanaf Sub A in 1962 in Bloemhof Laerskool tot Matriek in […]

Categories
Profiele

Michael Prins

Categories
Profiele

Kobie Schonken

Gebore op 23 Junie 1956 in Stellenbosch, bring Kobie wonderlike kinderjare op die proefplaas Welgevallen naby Coetzenburg saam met Milky (Melchior) en die ander kinders van die plaas deur. Sub A en B word op Bloemhof en Standerd 1 tot 5 by Laerskool Paul Roos gedoen.  Koibie vertel: Die logiese ding vir ons was om […]

Categories
Profiele

John Donald

Categories
Profiele

Johan Cillie (Gaika)

Ek op ouderdom 5 skool toe gestuur, na Bloemhof  waar Juffrou Helen my graad een- onderwyser was. Sy was ver langs familie en ek het nie te goed gevaar in graad een nie. Vandag glo ek dat ek nog nie skoolgereed was nie. Ek moes baie in die klas voor in die hoek staan met […]

Categories
Profiele

Guise Laurie

Ek is in 1956 in die Paarl gebore. Die eerste 10 jaar van my lewe was op Middeldeurvlei, ‘n plaas buite Porterville. Standerd 1 tot 3 was ek in Pools se laerskool. Soms het die skoolbus nie opgedaag nie of het ons dit verpas. Ons het dan alte lekker in die bloekombos by die bushalte […]

Categories
Profiele

Danie Davin

Ek is in Windhoek op 17 November 1955 gebore en het daar 60 jaar lank gewoon. Met my aftrede in 2016 trek ons plaas toe. Die plaas, Kakus, is so 23 km suid van Gobabis op die Leonardvillepad – beeswêreld! Buiten vir standerd 9 en 10 aan Paul Roos Gimnasium (PRG) en een jaar diensplig […]

Categories
Profiele

Charl Du Plessis

Categories
Profiele

Andre Benkenstein

Categories
Profiele

Vito Bonafede

Born in Somerset West in Sept 1956 to an Italian father and Afrikaans mother, this set the tone for an English family. My family moved to Green Point in the early 1960s. Schooled in Green Point (Christian Brothers College) before we moved back to Somerset West, I was given the choice of Paarl Boys High, […]

Categories
Profiele

Aubrey Baker

I was born at Vredendal, but grew up at Doringbaai, a small lobster and fishing community on the west coast. The local primary school only had 30 pupils in total, so going to Paul Roos with 30 pupils in one class, was quite a shock to the system. Our first day class teacher (1969) was […]

Categories
Profiele

Frank Meaker

Die voorreg om my skoolopleiding aan Paul Roos Gimnasium vanaf std 8 tot matriek te kon voltooi, was broodnodig of ‘n bestiering van Bo. Dit het my op ‘n ander trajek geplaas.  Die koshuisdoop het my ingeburger in die lewe van Prima Nova en my lewe radikaal verander. Vriendskappe is gemaak wat al hoe hegter […]

Categories
Profiele

George Bezuidenhout

My lewenspad na 1973 was voorwaar interessant.  Julle sal my onthou as een van die kleinste en maerste outjies in die klas. Kon nie sport doen nie, asma het erg gepla daar in die bos. Het op die kleinhoewe Horama in Paradyskloof groot geword, reg langs ‘n denneplantasie. Ai tog, daai stuifmeel en asma het […]

Categories
Profiele

Melchior Johnson

Soos die jare aanstap, vervaag sekere dinge in jou geheue en andere kom weer helder op. Ongelooflik om te dink dat amper 50 jaar al sedert ons matriekjaar verby is. Tel nog 11 jaar daarby en dit word altesame 61 jaar gelede dat ‘n klomp van ons met gemengde gevoelens by Laerskool Bloemhof afgelaai is. […]

Categories
Profiele

Sampie Loots

Categories
Profiele

Julian (Jules) Theron

PAUL ROOS SE ANDER ” SPRINGBOK” Noem die naam Julian Theron en die onmiddellike reaksie van jagters en wildboere, wyer as net in Suid-Afrika, is “o, dis die ou wat rekordpryse vir sy Springbokke kry en ook al wildteler van die jaar was”. Dis die einste, beskeie, vyfde geslag Karooseun van Wonderboom tussen Richmond en […]

Categories
Profiele

Dirk Loots

Dis vir my ‘n voorreg om te kon deel uitmaak van die geskiedenis van ‘n besonderse skool. My lewe het ‘n paar standvastighede gehad: die feit dat ek van my geboorte tot en met die hede dieselfde adres kon hê, naamlik  die plaas Zwemkuil in die Prieska-distrik, my huwelik van 41 jaar met my oorlede […]

Categories
Profiele

George Killian

Categories
Profiele

Harry Erasmus

As ‘n jong Suidwester het ek en my ouers in Junie 1969 gaan skool soek. Die keuse was tussen Paarl Boys High en Paul Roos Gimnasium. Gelukkig het ek plek gekry in Paul Roos. My Pa wou hê dat ek in Engels my opvoeding moes kry, want dit sou kwansuis in die langtermyn tot my […]

Categories
Profiele

Jannie Hanekom

Nadat ek by Laerskool Vredelust in Bellville was, is ek na PRG vir my hoërskooljare. Dit is moeilik om gunsteling onderwysers uit te sonder, maar miskien sou ek sê Rustelle Taute (klavier) en Ters van Huyssteen (Duits) het ‘n blywende indruk op my gelaat. Ek het grootgeword op die kleinhoewe Woerden buite Kraaifontein, net af […]

Categories
Profiele

Jannie Rossouw

Ek is op Stellenbosch gebore en het destyds op Vlottenburg, buite die dorp, gewoon. Ek wonder steeds oor die naam Vlottenburg, miskien was daar baie jare gelede ‘n vlot op die Eersterivier. Die naam van die Plankenbrugrivier kom immers van die eerste plankagtige houtbrug oor daardie sytak van die Eersterivier Ek het in 1962 by […]

Categories
Profiele

Johan Bouwer

Veral toe ek hoor dat daar ook hulde gebring word aan die gestorwe alma maters het ek besluit om  ietsie te vertel; en net sodat Skip nie ook oor my verslag hoef te doen nie. Ek leef nog en ken my verhaal baie goed. Ek het 100 jaar se avontuurervaring ingeprop in 50 jaar. En […]

Categories
Profiele

Kobus Theron

Van my skoolloopbaan onthou ek nie veel nie; dus sal ek eerder die jare na 1973 opsom. In 1974 doen ek my weermagopleiding, eers basies by Youngsfield, gevolg deur 8 SAI by Upington, en daarna by 2 SAI in Walvisbaai. Die laaste twee maande van daardie jaar het ons peloton in Windhoek deurgebring. Natuurlik het […]

Categories
Profiele

Piet Van de Vyver

Ek beland in 1969 by Paul Roos… 1000km van die huis af (Cathcart). Ek ervaar voorts van die beste tye van my lewe. Wie sal ooit Coetzenburg, Nuweland en al die goeie vriende vergeet? In Prima is my ‘roomie’ ene Sampie Loots. Ons is vandag nog vriende. Wie sal die ‘touchies’ onder die bome of […]

Categories
Profiele

Pieter van Zyl

Ek is op 16 Februarie 1956 op Stellenbosch gebore as ‘n agste geslag afstammeling van Willem van Zijl, die Van Zyl-stamvader in Suid-Afrika wat van Nederlandse herkoms was. My pa (SAS van Zyl), twee broers (Theo/Baldie en Marvan) en my seun (Bertus) was ook almal op PRG, terwyl my skoonseun (Marinus Pretorius) tans ‘n onderwyser […]

Categories
Profiele

Piper Oosthuizen (Pieter)

Ek is een van die ‘originals’ – Bloemhof Laer in sub A en B, daarna Laerskool Paul Roos en PRG. Ek is op 24 Junie 1955 in Cradock gebore, waar my pa in die distrik Steynsburg op Bulhoek (Paul Kruger se geboorteplaas) met merino’s geboer en wol via PE na Engeland uitgevoer het. Droogte het […]

Categories
Profiele

Riaan Swiegers

Riaan of Swieg of Vlieg, gebore in De Aar, val na die eerste kwartaal van standerd 1 by LPR in, woon in Zwaanswykweg 9, Karindal en voltooi matriek by PRG in 1973. As Karookind wat nie reën ken nie, was my eerste indruk die nonchalant wyse waarmee Paul Rosers met hul skoene deur water kon […]

Categories
Profiele

Richard Murray

Fifty Years – wow! Time has passed so quickly. Thanks to God’s mercy and keeping power, we are still doing well. Our family emigrated to the USA in 1977, not long after I had matriculated from Paul Roos, completed military training in the SP Guard, and worked at the Stellenbosch Divisional Council. But I will […]

Categories
Profiele

Skip Krige

Ek is op Stellenbosch gebore en kom uit die dorp se Bottelary Krige-stal (een van elf takke).  My oupagrootjie, oupa, pa, broers en broerskinders was almal op PRG. Ek het tot standerd 3 in Denneoord skoolgegaan en in standerd 4 by Sheila de Kock ingeval. Onthou julle nog die houe op die kuite!! Chris Kapp […]