Categories
Profiele

Frank Meaker

Die voorreg om my skoolopleiding aan Paul Roos Gimnasium vanaf std 8 tot matriek te kon voltooi, was broodnodig of ‘n bestiering van Bo. Dit het my op ‘n ander trajek geplaas. 

Die koshuisdoop het my ingeburger in die lewe van Prima Nova en my lewe radikaal verander. Vriendskappe is gemaak wat al hoe hegter gegroei en my lewe verryk het. Ek het meer selfstandig geword. Vandag kan ek net dankie sê vir ‘n goeie begin by Prima Nova, maar ook aan die skool en die dorp en sy mense. 

My belangstelling het gewissel tussen kuns en landbou en in wynmaak geëindig. Dit kan seker beskou word as ‘n transformasie waarin die natuur se gawes gekombineer word vir die genot van die verbruiker. However, beauty and taste lie in the eyes of the beholder.

Die wynbedryf het vir my ‘n wêreldwye leerskool oopgebreek. Ryke ondervinding is ervaar en nuwe vriende is gemaak. Wenresepte is geleer en teruggeploeg in die bedryf. My leuse is: doen jou beste maar doen dit net beter met elke gegewe geleentheid of inspirasie. Dink diep en kreatief en wees skeppend met die oog op die eindroduk. 

Ek is dankbaar dat ek wel kon help om ‘n handvol onbekende wynlandgoede op die kaart te plaas en kwaliteit by ‘n paar korporasies te verbeter. My filosofie is: gee terug, help bou en beweeg vorentoe wat ‘n lang pad is. My leerskool en geleenthede in die bedryf het gekom van briljante leermeesters wat dissipline in jou opgebou het met die inspirende denke dat niks ontmoontlik is nie. 

Om mee af te sluit: die klas van 1973 het my help groei. Die samesyn, trots, respek en belangstelling van vyftig jaar is merkwaardig. Jul humor inspireer my en dit is altyd ‘n plesier om bymekaar te kom.