Reünie Reëlingskomitee
Waarde van Blog
Na bykans een jaar van die Blog se bestaan kan die waarde en impak daarvan soos volg opgesom word:
- sterker groepsgevoel;
- sense of belonging;
- trots op klas en PRG;
- ontdekking van mekaar;
- waarde van profiele en fotos;
- konneksies;
- huldeblyke en waardering van weduwees;
- ons klas maak ‘n bydrae tot die algemene samelewing;
- informele kuiers & beplanning van wegbreke;
- verjaarsdagwense;
- Whats App gesprekke;
- deel van info en nuusgebeure;
- toenemende ondersteuning tov maroenmasjien en
skoolgebeure; en - groter lojaliteit teenoor skool.
Deurlopende opdatering van Blog bly dus relevant. Dit dien as motivering vir Reelingskomitee om kole te bly gooi. Insette van klasmaats en aandag gee aan hul voorstelle is belangrik.
Ons geniet erkenning en inkoop van die OSU en PRG topbestuur tov ons Blog.
Februarie 2023, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.
Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.
Vir die meeste mense is dit net die naam van ‘n seunskool, maar vir dié van ons wat die voorreg gehad het om hier te kon skoolgaan, is dit baie meer. Geleë op die oewer van die Eersterivier, met die Stellenboschberg as agtergrond, lê die uitgestrekte kampus van die Paul Roos Gimnasium, die twaalfde oudste skool in Suid-Afrika wat ryk is aan ’n tradisie van uitnemendheid op alle terreine van die opvoeding.
Die skool se huidige credo som waarskynlik oud-leerders (‘erfgename’) se ondervinding en sin vir waardes wat PRG ingeskerp het, die beste op met die akroniem: “PRG HEIR: Pride, Respect, Gentlemanship, Humbleness, Excellence, Integrity & Responsibility”. Dit is hierdie waardes wat ons toegerus het om beter bydraes te maak tot die samelewing in die algemeen, maar ook tot ons gesinne en die omgewings waarin ons gewoon en gewerk het na skool.
Die Klas van 1973 het sedert skooldae nog altyd ‘n sterk samehorigheidsgevoel gehad, met ‘n kerngroep wat gereeld by wyse van reünies bymekaargekom het (1993, 1998, 2003, 2013 en 2018). Sedert 2020, as ‘n inisiatief van Danie van Niekerk, het ‘n groep van ons ‘n gereelde kwartaallikse staptog iewers in die Boland of Overberg aangepak – tot op hede was daar tien sulke uitstappies gewees.
Dit is dus geen wonder nie, dat die vooruitsig van ons 50 jaar-reünie in 2023 ‘n stille wekroep tot aksie was vir die beplanning en reëlings om die goue herdenking van ons 1973-matriekjaar ‘n baie spesiale geleentheid te maak. Die volgende reëlingskomitee (RK) is byeengebring en die beplanning het in Junie 2022 begin: Nols Heunis, Pieter van Zyl, Michael Prins, Riaan Swiegers, Kobus Theron, Frank Meaker, Leon Mostert en Danie van Niekerk. Die RK het in noue oorleg met Elza van der Walt in die OSU-kantoor saamgewerk.
Daar is besluit om ‘n ‘modulêre’ benadering te volg met die opstel van die Reünieprogram. Die onderliggende gedagte was dat elke persoon dan self kan besluit watter modules en/of aktiwiteite hy (en sy gade) wil bywoon. Na oorlegpleging met die manne via Google-vraelyste, het die RK op twee modules besluit: ‘n ‘Sederberg Module’, wat tussen 24 en 27 Februarie 2023 sal plaasvind; en ‘n ‘Kernmodule’ op Stellenbosch, wat tussen 28 Februarie en 1 tot 5 Maart 2023 aangebied sal word. Die ‘Kernmodule’ sluit die vernaamste reünie-aktiwiteite in en vind op Stellenbosch plaas, gesentreer rondom die skool en sy kuier-/onthaalfasiliteite. Tydens die ‘Sederberg Module’ kuier ons die voorafgaande naweek by die Sanddrif Vakansieoord op die plaas Dwarsrivier in die Sederberg-wildernisgebied.
‘n Uitvloeisel van die reünie-beplanning, en onder leiding van Skip Krige, was die idee om ‘n elektroniese gedenkalbum vir ons 50-jaar reünie saam te stel. Die opwindende uitkoms was dat ons wegbeweeg het van ‘n ‘statiese’ e-album na ‘n dinamiese en interaktiewe aanlyn-weergawe, die ‘PRG 1973 Blog’. Met die kreatiewe hulp van Solid Stuff Creative Studio is die blog op hierdie platform geskep – beslis iets waarop die Klas van 1973 baie trots kan wees. Die Blog bestaan uit die volgende afdelings, met interaktiewe skakels ook na die PRG OSU-blog: Geskiedenis van die skool; Rektore; Rugby-Springbokke; Nasionale sportverteenwoordigers; Rugbykapteins; die Klas van 1973; Reünies 1993, 1998, 2003, 2013, 2018 en 2023; Klasmaatprofiele; Huldeblyke aan afgestorwe klasmaats; en Boodskappe van 1973-onderwysers.
Semper Splendidior

Reunion Organising Committee
February 2023, Paul Roos Gymnasium, Stellenbosch.
For most people it is just the name of a boys’ school in Stellenbosch. But for those of us who had the privilege of being able to attend school here, it is much more than that. Situated on the banks of the Eerste River, with the Stellenbosch Mountain as a backdrop, lies the sprawling campus of the Paul Roos Gymnasium, a boys’ school which is the twelfth oldest school in South Africa, and which is rich in a tradition of excellence in all fields of education.
The school’s current credo probably best sums up former learners’ experience and sense of values that the PRG instilled in us, with the acronym: “PRG HEIR”: Pride, Respect, Gentlemanship, Humbleness, Excellence, Integrity & Responsibility. It is these values that equipped us to make better contributions to society in general, but also to our families and the environments in which we lived and worked after our schooldays.
The Class of 1973 has had a strong sense of togetherness since school days, with a core group that regularly met by way of class reunions (1993, 1998, 2003, 2013 and 2018). Since 2020, as an initiative promoted by Danie van Niekerk, a group of us has embarked on a regular quarterly hike somewhere in the Boland or Overberg – to date there have been ten such walking trips.
It is therefore no wonder that the prospect of our 50th reunion in 2023 was a call to action for the planning and arrangements to make the Golden Anniversary of our 1973 Matric year a very special occasion. The following Organizing Committee (OC) was assembled and planning began in June 2022: Nols Heunis, Pieter van Zyl, Michael Prins, Riaan Swiegers, Kobus Theron, Frank Meaker, Leon Mostert and Danie van Niekerk. The OC worked in close collaboration with Elza van der Walt in the OBU Office.
It was decided to follow a “modular” approach in setting up the Reunion programme. The underlying thought was that each person can decide for himself which modules and/or activities he (and his spouse) want to attend. After consultation with the 1973 class members via Google questionnaires, the OC decided on two modules: A “Cederberg Module”, which will take place between 24-27 February 2023; and A “Core Module” in Stellenbosch, which will take place between 28 February and 1-5 March 2023. The “Core Module” will comprise the main Reunion activities and will take place in Stellenbosch, centred around the school and its visiting/entertainment facilities. The “Cederberg Module” will basically involve an advance weekend outing to the Sanddrif Holiday Resort on the Dwarsrivier Farm in the Cederberg Wilderness Area. We trust that everyone will have a truly memorable 50th Reunion experience.
An outcome of the Reunion planning, under the leadership of Skip Krige, was the idea to compile an electronic commemorative album for our 50th Reunion. The exciting development has been that we decided to move away from a “static” e-album to a dynamic and interactive online “PRG 1973 Blog”. With creative assistance from Solid Stuff Creative Studio, the Blog has been created on this platform – certainly something the Class of 1973 can be very proud of. The Blog consists of the following sections, with interactive links also to the PRG OBU Blog: History of the School; Rectors; Rugby Springboks; National Sports Representatives; Rugby Captains; the Class of 1973; Reunions 1993,1998, 2003, 2013; 2018 and 2023; Classmate Profiles; Tributes to Deceased Classmates; and Messages from 1973 Teachers.
Semper Splendidior
