Jean-Marie Questiaux se boodskap vir die Matriekreünie van 2003
Liewe mede ou-skoliere en matrieks van 1973,
Julle kan nie weet hoe jammer ek is dat ek nie saam met julle hierdie naweek kan wees, die 30ste verjaarsdag van ons matriek jaar. Ons het nou ‘n snaakse ouderdom beryk, en as Johan dit reg gekry by die sponsors vir die reunie, is daar sekerlik ‘n gratis monster van Salusa 45 by elke sitplek.
Soos 10 jaar gelede, skryf ek vir julle, en hoop dat Frank sal dit vir julle kan lees. Maar die ouderdom en die feit dat ek nie meer so vlot in die moedrtaal is, meen dat dit sal sekerlik moelik wees vir hom, om my Afrikaans uit te maak. Ek het vreeslik baie om vir julle te vertel na 30 jare se lieftyd, maar moenie bekomerd wees nie, ek sal nie julle hele naweek daarmee vat nie.
Ek sal begin om te se dat ek nog steeds is met my meisie van Johannesburg (21 jaare al) en ons kleintjie is nou 14 jaar oud en speel “havoc” met die jong kerel se hormone. As ek die outjies nou sien, kan ek skaars glo dat ons so gelyk het 30 jaar gelede.
Ek is nog steeds in die olie bedryf, maar nie meer op soek vir die goed, maar liewers besig om die goed van die grond uit te kry. Ek reis nog die wereld rond. Na my spel in Libie in die vroe 1990’s was ek 3 jare in Norwie. ‘n Baie snaakse land is Norwie, waar daar is die mees ekwaliteit tussen manne en vroue. Dit is by voorbeeld, die enigste plek waar ek vuilis trokke gesien het, wat heltemaal deur vroue beman is. Maar ek moet se dat self as Ollie le Roux tussen die vroue gestaan het, sou dit nie maklik wees om hom uit te kies nie. Daarna was ek 1 jaar so aan en af in Angola (dit was 1998, ons 25ste jare reunie). Dan 2 jare in Bolivia, gevolg deur 1 jaar in Skotland, en hierdie laste jaar is ek in Parys. Volgende maand gaan ek terug Skotland toe, waar ek ‘n pos sal neem by Heriot Watt Universiteit in Edinburgh. Ons het ‘n huis naby Edinburgh gekoop en enige van julle, of julle kinders (wat miskien hulle “gap year” soentoe will vat) is baie welkom.
Van my skool dae in Paul Roos is daar min wat ek vergeet het. Van die onderwysers verskillende herininge. Parteie van hulle was uitsonderlike en wonderlike mense maar anders was maar swak om nie ‘n erger woord te gebruik. Ek onthou van mense soos Tjoepies wat nooit ‘n less kon gee sonder om een of twee stories te vertel. Die een wat ek onthou, is van ‘n wedstryd tussen die Bokke en die All Blacks en hoe hy en sy mate langs die Eerste Rivier gaan le, om die vedstryd op die radio te volg. Die plan was om ‘n dop brandewyn te drink elke keer die Bokke punte aantel, en as die All Blacks, wat nie so sleg was nie, punte kry, sou hulle maar net ‘n biertjie drink. “Wel” se Tjoepies: “Ek onthou die wedstryd baie goed tot die telling op 27 21 vir die Bokke gestaan het. Daarna onthou ek maar baie min, eintlik om die waarheid te se, tot vandag weet ek nie eers wie die bloody wedstryd uiteindelik gewen het”. Dan is daar Mr Volskenk “Kakebeen” wat altyd so ernstig was, en elke dag sy klas begin met: “Kom, kom, kom manne kry julle nou reg, ons moet begin, anders sal ons nooit klaar maak voor die eksamen”. Wel een dag, omtrent een week na die matriek dans, toe ons van sy klas uitree, vrae hy vir my om agter te bly, en toe almal uit is, se hy: (ek sweer ek lieg nie) “mannetjie, jy het die mooiste meisie by daaie dans gehad, maar ek weet nie hoekom nie”. “Dankie Meneer” se ek, en van sy klas uitstap. Ek dink nog dat hy was reg op al twee punte.
Van my skool vriende is daar ook baie goeie herinninge. Ek is so bly om te hoor dat daar is ‘n klomp van julle van die 10E klas wat hiedie reunie bywoon. Ek hoor dat Piet, Johan, Timothy Glen en Alfred is almal daar. Ek onthou julle natuurlik baie goed. Ek wonder nog tot vandag hoekom jy, Alfred, is so vinnig getroud na ons matriek jaar. En natuurlik ek onthou Timothy, die man wat vir my Cat Stevens se musiek leer ken, musiek wat ek nog vandag geniet.
Maar ek moet se dat sonder twyfel my beste skool jaar was 1973 by Prima Nova. Ek will vir julle ‘n storie vertel van daardie dae, iets wat my later sou baie indruk. Ek weet nie hoeveel van julle weet dat Frank se Oupa Paul Sauer was. Een dag het Frank my genooi om saam met hom, sy Oupa hier op Stellenbosch te gaan besoek. In daaie dae het ek maar min van die man geken, behalwe dat ‘n groot gebou na hom vernoem is. Dit was jare later dat ek eintlik geleer dat die man een van die groot Afrikaner leier van sy dae, net na die oorlog. Dit bly vir my wonderlik om te dink dat ek, ‘n Belg gebore in die Kongo, kon so ‘n man ontmoet. Ek bly ook steeds trots dat Frank my (en my allen) genooi het om sy Oupa te gaan besoek. Op die dag self, het ons buite in die tuin van die Groot Man se huis gesit. Paul Sauer was al ‘n baie ou man, en maar min gepraat, maar ek onthou sy enorme wenkbroue, en ‘n gesig wat enige kind sou bang gemaak het. Daar was ook twee vrouens saam, verskoen my Frank want ek kan nie meer onthou wie hulle was nie, maar wat ek well onthou is die storie van Paul Sauer se papagaie wat een van hulle vir ons vertel het. Die arme voel het een dag al sy vere begin aftrek, totdat ‘n paar dae later het hy heeltemaal kaal gestaan het, behalve, se die vrou, ‘n klein kolletije agter op sy rug waar hy die vere kon nie beryk nie. En daar eindig sy die storie. En toe? Dink ons almal. Presies die vrae wat die ander vrou gevrae het. “Hoe” se sy: “Hy is die pas week dood, die nag toe dit vreeslik koud was”. Van daardie middag onthou ek van Frank se Oupa, die tee, die terte en die storie van sy papagaie.
Maar as ek julle hierdie storie vertel, is omdat ek is vreeslik trots van my jare in Paul Roos en my Suid-Afrikaanse en Afrikaner wortels wat ek daar gekry het. En ek se dit net nie somer nie, want ek onthou baie wel hoe n’ klein helse in die skool een keer my “verdomde rooinek” genoem het, en hoe dit my lang tyd omgekrap het. Ek was nie en is steeds nie ‘n rooinek!
Dit is moeilik om van Suid-Afrika te praat sonder om iets oor die politiek te se, en oor al die veranderinge van laste 10 jaar. So ek sal nie hier ‘n avsondering maak nie.
Die manier hoe die veranderinge in die land gekom het, is nie net in Afrika waar daar min politiese sukkess storie is, maar werklik uniek in die wereld se geskidenis. Sonder om al die probleme van die hoe kriminaliteit, koruptie, AIDS en andere probleme wat bly in Suid Afrika vandag te verminder, wie kon ooit gedink dat een dag, die leier van die NP sou sulke opregte worde gebruik (sincere words of hommage) by die begrafenis van Walter Sisulu, formale vyand en leier van die ANC, terwyl die aktuel Staats President, ook ‘n lid van die ANC, die kommemoratiewe beinkoms van die 100ste verjaarsdag van die Anglo-Boer oorlog sou bywoon. ‘n Oorlog wat bly die grooste onregsverdigheid (injustice) teen die Afrikaner Volk.
Die suksess van Suid Afrika se verandering is sonder twyfel danksy aan die politieke leiers van die dag en die mense wat hulle gevolg en gesteun. Hulle staan kop en skouers bo enige ander wereld leirs van die tyd of die vorige 100 jare. Daar is min mense soos FW de Klerk en Nelson Mandela wat die Nobel prys so well verdien het.
Ek will net klaar maak deur te se dat ek hoop die reunie n’ groot suksess sal wees. Ek wens julle almal alles van die beste en hoop dat ek sal saam met julle wees by die volgende reunie waar ons al sekerlik van ons klein-kinders praat.
Ek dink aan julle almal.
Frenchie






