Categories
50ste Reünie

Baie, baie dankie!

Beste 1973’ers

‘n Geweldige groot dankie aan die hele 1973-jaargroep. Julle is absoluut merkwaardig! 

Baie dankie aan Pieter, Nols, Skip, Riaan, Frank, Kobus, Danie en Michael, vir julle ongelooflike leiding! 

Soos gisteraand genoem, julle 1973’ers, het die Reünie na ‘n uitsonderlike hoë vlak geneem. Julle entoesiasme is aansteeklik en groter gees het ek nog nie ervaar nie! 

Ek is oortuig dat na hierdie afgelope klompie dae, vriendskapsbande van weleer weer behoorlik gesmeë is en dat julle gaan terugkyk met een groot smile. ‘n Waardevolle samesyn en broederskap van formaat. 

Die 1973 blog, ‘n meesterstuk! https://prg1973.co.za – Baie dankie aan Skip, jou inisiatief is onverbeterlik!

Van hier af vorentoe, miskien dit oorweeg om jaarliks of elke tweede jaar weer te reünie. Wonderlike vuurmaakhout vir die oudag!

Onthou asb, wanneer julle in Stellenbosch is, kom maak asseblief by jul alma mater en die Old Boys kantoor ‘n draai, koffie staan altyd gereed.

Semper Splendidior!

Beste wense en groete.

Elza vd Walt 

OUDSKOLIERE-UNIE | OLD BOYS’ UNION 

paulroosoldboys.co.za | prg.alumnet.co.za | prg1973.co.za

Pride⋅Respect⋅Gentlemanship⋅Humility⋅Excellence⋅Integrity⋅Responsibility (PRG HEIR)

Trots⋅Respek⋅Gentlemanskap⋅Nederigheid⋅Uitnemendheid⋅Integriteit⋅Verantwoordelikheid