Johan Cillie vertel:
Benje Momberg (PRG 2016) het vir die eerstespan rugby gespeel saam met Damian Willemse, een van Paul Roos se huidige Springbokke.
Op die aand van 9 September 2023, nadat hy sy kroeg op Van Der Stel sportkompleks toegesluit het, is hy oorval in ‘n rooftog en in die proses raakgeskiet en die koeel het hom verlam gelaat. Ek lees daarvan in die media en my eerste gewaarwording is woede en empatie.
Gedurende die Springbokke se wereldbeker groepfase wedstryd teen Italie druk Damian ‘n drie onder die pale en mense merk die skrywe op sy gewrigpleister op (+ Benje).
Ben Momberg skakel my by Easy Drive om uit te vind die kostes van handkontrole vir ‘n motor vir Benje. Die volgende dag vra een van die 1973 manne of ons nie miskien kan bydra tot Benje se fonds nie. Ek se toe dat ek die vorige dag met sy pa gepraat het en binne 8 uur laat weet een van ons klasmaats (wat anoniem wil bly) dat hy die kostes van die handkontrole sal betaal. Soos Skip se hoendervleis “stuff”.

Sy pa se reaksie op die nuus:
Hi Johan
Baie dankie vir die call vanoggend. Thanx dat jy by Benje ingepop het gister, dit beteken so baie vir hom en ons. Julle support is amazing, laat weet ook vir al die Ou PRG manne ons is dankbaar uit die diepte van ons harte. Ek hou jou op hoogte oor die kar. Mooi dag en nogmaals ongelooflik dankie
🙏🙏🙏🤗🤗🤗🤗
BJS Momberg (Backing Benje)
ABSA Bank
Flexi savings account
Account no: 938 267 5243
Branch: 632005
Baie dankie 🙏🙏🤗🤗
