Categories
Huldeblyke

Aldert Johannes (Allie) Nieuwoudt

14 Julie 1955 – 26 Junie 2024

Aldert Nieuwoudt

Daar is met groot hartseer kennis geneem van die afsterwe van Aldert Johannes Nieuwoudt (PRG 1973) op 26 Junie 2024 nadat hy met hartversaking en dubbele longontstekingin die Swartland-hospitaal opgeneem is. Hy sou op 14 Julie 69 jaar oud geword het.

Die Klas van 1973 sal hom onthou as ‘n lid van die Leerlingraad, Hoofseun van Prima Nova en ‘n Eerstespan-rugbyspeler.

Op Facebook word sy klasmaats vir medelye bedank, asook Vito wat die Old Boys-kantoor uit België ingelig het. Melding word gemaak van André Benkenstein en George Kilian wat “above and beyond” gegaan het om Allie by te staan en ons klas te verteenwoordig.

Op die huiskomiteefoto sit Aldert voor, tweede van links. Ave Atque Vale Allie…..”