Categories
Klas van 1973

Die Klas van 1973

Hier is ons, die Klas van 1973, waarvan daar altesame 106 lede was volgens die klasregister!

‘n Halwe eeu het verloop en baie water het vir almal in die see geloop. Dit is tyd om te reflekteer en te gedenk.

Meer as vyf dekades gelede het die skool, die onderwysers en ons medeleerders ons op een of ander manier of meer gevorm en gebrei. Ons het baie na aan mekaar geleef en dinge beleef. Dis tyd om weer blad te skud en mekaar te help onthou van die soet en die suur.

Ons gaan probeer om soveel as moontlik van die 1973 klasmaats se stories in dié e-album vas te pen. In sommige gevalle dalk net ‘n huldeblyk, want minstens 15 klasmaats het ons reeds ontval. Daar is steeds geleentheid vir diegene wat nog nie by skryf kon uitkom nie, want ons wil die rekord so volledig as moontlik hê. Foto’s sal uiteraard ‘n belangrike bestanddeel van die e-album wees. 

Indien moontlik beplan ons ook om die herinneringe van die onderwysers van 1973 wat nog lewe hierby te inkorporeer.

‘n Redaksionele span onder leiding van Skip, het bydraes geredigeer, verfyn, en met perspektief en balans versorg. Elke storie is met die nodige sensitiwiteit en empatie gehanteer. 

This e-album is not intended to be a type of “brag” platform of feeling good over the past 50 years and to highlight personal achievements. We all have different stories to tell that all form a part of life’s reality: my journey has been pretty ordinary, my life is a train smash, die lewe het my rof behandel en ek is kwaad vir almal, I hit the gravel road, ek is ‘n achiever wat suksesvol is/was en ek voel goed oor hoe die lewe my behandel het. 

Op die ou end maak almal se stories saak, ongeag wie wat sê. Ons moet begrip vir mekaar hê ongeag of een sy vrou gelos het en met ‘n lewensmaat bly, of ‘n ander ‘n paar stelle kinders by verskillende vroue het, of nooit getrou het nie, of iemand is wat weet hoe die binnekant van ‘n tronk lyk, of wie se besigheid gevou het of die besturende direkteur van ‘n internasionale maatskappy is, ens., ens!

So what! Everybody matters! Daar sal moeite gedoen word om tydens die reünie elkeen tuis en welkom te laat voel.

Ruimte is en word vir elkeen se inisiatief en kreatiwiteit gelaat om sy reis weer te gee. Gepaste fotos sal op prys gestel word, asook jou noemnaam op skool met ‘n 1973- en ‘n onlangse foto. Of jy nou in die koshuis ingewoon het, met ‘n bus moes inry van ‘n plaas af of op die dorp gewoon het, daar behoort staaltjies te wees wat jy wil deel oor jou skooldae en onderwysers. 

Ons hoor ook graag van jou naskoolse opleiding, jou beroepsreis en wat jy tans doen, jou gesinsopset (vrou(e), kinders, kleinkinders), waar het jy oral gewoon het, jou hoogtepunte en die lesse wat jy nog moes leer, your bucket list before you die and your life motto. 

Stuur ook enige artikel oor jouself of jou klasmaats wat in koerante, tydskrifte en sosiale media verskyn het. 

Hoe lekker is dit nie om alles met ‘n klik op jou rekenaar of jou selfoon byderhand te hê nie?

Semper Splendidior

PRG 1973 REÜNIE 2023 REËLINGSKOMITEE /

PRG 1973 REUNION 2023 ORGANISING COMMITTEE