Categories
Huldeblyke

Pieter Wehmeyer

14 Oktober 1955 – 14 Mei 2020

Ina (vrou)

Pieter Wehmeyer, oftewel Wielietjies, soos hy op skool bekend gestaan het, was ‘n geliefde broer, eggenoot, pa en oupa. Hy het diep spore getrap as ‘n toegewyde familiemens met ‘n onblusbare geesdrif vir die lewe — altyd reg vir ‘n grappie of ‘n nuwe avontuur op sy fiets. 

Pieter het na sy diensplig, BA.Hons.LLB aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Daarna het hy as aktebesorger in die Wes-Kaap gepraktiseer waar hy tot en met sy aftrede ‘n direkteur by VGV was. Hy het die stadslewe verruil vir ‘n stadiger pas in Prins Albert waar hy weekliks die Swartberg-pas uitgery het en kosbare tyd saam met sy vrou, kinders en kleinkinders spandeer het.

Pieter sal vir altyd onthou word vir sy wilskrag, passie vir die grondpaaie van Afrika en liefde vir sy mense.