Categories
50ste Reünie

Stellenbosch 28 Februarie – 5 Maart

Dinsdag, 28 Feb 2023

PRG 157ste Verjaarsdag – Saalbyeenkoms

Boomplantseremonie by PRG Krieket Ovaal

Kranslegging

Gholfmiddag

Woensdag, 1 Maart 2023

Skoolbesoek

Donderdag, 2 Maart 2023

Keldertoer, Wynproe en Middagete by Simonsig

Vrydag, 3 Maart 2023

Krieket

Snoekbraai by Markötter Klubhuis

Saterdag, 4 Maart 2023

Spesiale Bergpad Staptog

Brunch by Aunty Sophie se Kombuis

PRG 1973 Reunie Dinee

Wyn

Die Burger Metropool article:

Terugvoer

  • Ek en Jannie Rossouw was vinnig by Kweekskool se argiewe in, en daar is die foto. Ek moes glimlag omdat ons oor mnr Os gepraat het vanoggend. Ek wil ook vir Frank bedank vir die puik versameling wyn wat hy vir ons georganise het. Toe ek vanoggend in daai saal afstap vorentoe, was ek baie baie trots om deel van die geskiedenis van ons roemryke skool te kan wees. In elke wedloop, so het my ouers my geleer, is daar ook die wat deelgeneem het maar nie op die podium kan staan nie, die “also ran’s”, waarsonder daar nie n wedloop kan wees nie. In PRG se annale is baie van ons in daardie kategorie, maar ons is steeds baie trots op die feit dat ons oud- Paul Roosers is. Dankie dat ons onvoorwaardelik deel van die span uitmaak. Dirk Loots
  • Pragtig! Golfbane is eintlik natuur parke! Dankie vir die great fotos. Die 19de gat was seker die maklikste ne?⛳🏌🏼‍♂️ Dankie vir die mees suksesvolle reunie ooit almal! My jaar gemaaaak🤣. Veral dankie aan Jannie & my 2 dokters, Guise & John vir hulle mediese bystand & Vito wat so mooi vir my & Allie opgepas het. Liefde & vrede aan julle almal – tot weersiens🤕👨🏻‍🍼Pierre Le Clus
  • Met sulke mense is PRG op die regte pad. Mens wil nie diesulkes verloor nie….. (verwys na Andre en Frans). Abe Bardin
  • Ja, André, Frans en die personeel doen wonderlike werk vir al die gedissiplineerde, hoflike seuns🥂🥂Jannie Hanekom
  • Jul manne wat als kon bywoon en als kon geniet.en dankie vir die fotos. Die lewe was en is soos gister: 50 jaar!!! Ongelooflik dankie!! Boksie de Clercq
  • Naand 1973 Manne. Dit was heerlik om vandag saam met 40 van julle en julle gades op Simonsig Landgoed te kon kuier, met Johan en Francois Malan as ons gashere. Lekker Kaapse Vonkel, met Prof Jannie as die sabrage meester! 🍾🥂. Môreoggend speel ons krieket op PRG Ovaal van 09h00-13h00. Michael bring vir ons koeldranke as lafenis tydens die wedstryd. Bring maar water en julle eie verversings ook saam, soos benodig. Die snoepie van die Skool skuif tydelik na Markötter Sportgronde vir die dag, tydens die PRG kaskarwedrenne. Paul Roos Spar is ook net oorkant die Skool sou iemand iets benodig. Vanaf 14h00 verskuif ons ook na Markötter Longroom op die grondvloer van die Klubhuis vir ons snoekbraai met patats, wat Riaan vir ons organiseer. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees in die Longroom. Sien uit na nog ‘n lekker dag van samesyn met ou vriende. Pieter van Zyl
  • Dit klink of ons op Lords speel, die PRG Oval en dan die Markötter longroom🏏🏏🏏Sampie Loots
  • Plan vir 4 Maart: Ons ontmoet by die parkeerterrein voor die Gedenksentrum net voor 08:00. Jy kan besluit teen watter tempo jy wil stap en watter afstand jy wil stap. Die bedoeling is om die saamstap te GENIET. Party mense gaan net 10 of 100 meter stap om deel te wees van die groep. Die eerste kilometer of wat is gelyk (dis langs die rivier). Die volle afstand is 4.8 km en indien jy teen ‘n baie gemaklike pas stap, sal dit jou 1 uur en 20 minute neem om die volle roete te stap. Die ontbyt by Aunty Sophie is geskeduleer vir 10:00. Michael en Danie
  • And so, Riaan once again outdoes himself as a Michelin chef. Gordon Ramsay would be proud! Baie dankie weereens, Riaan! Kobus Theron
  • En baie dankie aan almal wat vandag, en sedert laas Vrydag, so lekker saamgespeel het. Dit was spesiaal. Kobus Theron
  • Dankie Riaan vir jou Prima snoekbraai en jou 2 helpers het ‘n Spesiale bydrae gemaak. Fanks. Nols Heunis
  • Fanks for all the Fanks. Dis darem die vis en die koningbraaier Kobie se skuld. Ek en Michael het neg die tafel berei. Riaan Swiegers
  • Wel, wat ookal en wie ookal so ‘n sukses hiervan gemaak het – julle is wenners, almal van julle. Kobus Theron
  • Voorwaar ‘n baie lekker snoekbraai. Baie dankie. Harry Erasmus
  • Dankie Michael en Danie, dit was weereens ‘n heerlike oggend en ervaring🙏🥂Jannie Hanekom
  • Fantastiese oggend. Stappie en ontbyt: Danie van Niekerk
  • Baie dankie almal vir onvergeetlike aand. Johan Cillie
  • Stem saam – baie dankie. Ook vir die 10 dae se perfekte reelings. Jannie Hanekom
  • Baie dankie vir aand. Ons weet net nie hoe laat die trein kom nie, want die Uber is laat en ons sal seker more oggend breakfast in Longroom eet. George Killian
  • Dit is met dankbaarheid en genade dat on shier is. Braam Joubert
  • Baie dankie aan ieder en elk. Veilige terugrit veral die wat van ver gekom het. Danie van Niekerk
  • Ek en Barbara het nounet geland in Oos Londen. Doodmoeg, maar siels gelukkig. Dankie…. was great om met julle en die vroue/gesellinne ‘n wonderlike tyd te kon deurbring. Tot weersiens! Ferdie Gerber
  • Dankie Jannie, René en ek nounet by Moederkerk parkeer. Luister netnou saam klokkespel en orrel. Seengroete aan almal wat oppad isd huistoe: veilig ry. Nogmaals dankie aan almal vir jul deelname en lekker saam kuier. Pieter van Zyl
  • Dankie vir die heerlike en gesellige aand. Was lekker om almal weer te sien. 👏🙏🏻Cheers. Pierre Vosloo
  • Baie Baie dankie vir die uitsonderlike,lekker samesijn met almal die afgelope week. Ek en Jolanda oppad na PÉ en gaan eers by Plettenberg Bay n 1973 keppie aan Pieter Coetzee gee. Seengroete Aan Almal. Johan Bouwer
  • Baie dankie vir al die organiseerders vir al julle harde werk. Was lekker om bietjie tyd met ou vriende te spandeer. Beste wense vir almal. Groete. Dillie Malherbe
  • “Reunions are the first day of school all over again. Time casts away familiarity and replaces it with warm confusion. Seeing how the years have frayed the friends of our youth reminds us that we too have irrevocably changed and can never return to a state of innocence again.” ‒ Stewart Stafford. Geplaas deur Kobus theron
  • Baie dankie vir die reëlaars en deelnemers. Veral die wat ver af gekom het. Dirk Odendaal
  • Ons ry in gietende reën tussen Worcester en De Doorns op pad terug Karoo toe. Met kosbare onthou, weersiens en herinneringe van die afgelope week in ons harte. Jules was stil gistraand…. sy hart was by julle! Baie dankie aan elkeen wat die verrigtinge vd week bymekaar gesit het. Kom kuier vir ons! Mooi loop! Die assistent! Julian & Martisan Theron
  • Net ‘n laaste dankie aan almal vir die 9 dae se samesyn. Kerkdiens was lekker. Mooi loop tot volgende keer💖💖Jannie Hanekom
  • Hallo julle, eks biki laat met my dankie sê, maar vir my het dit alle verwagtinge oortref. Nogmaals dankie en mag jul voorspoed en seen ervaar op jul onderskeie lewenspaaie. Tot weersiens. Dirk Loots
  • Daai komitee van agtman en Skip…..👌🏻Piper Oosthuizen
  • Ons ook nou net in Windhoek geland! Baie dankie aan almal vir ‘n ongelooflike, onvergeetlike 9 dae! Ek sou dit glad nie wou mis nie! Guise Laurie
  • Ek kan net saamstem met alles wat hierbo gesê is. Baie dankie vir ALMAL se deelname! Mens kan reël soos jy wil, maar sonder deelnemers is daar niks. Kobus Theron
  • Dit was ‘n voorreg om saam met Pieter en die ander lede van die RK te werk. Kobus Theron
  • Daai deelnemers ja. Soos die boodskappe deurkom kan mens net opmerk dat dit ń voorreg is om deel wees van almal van ń groep. Die vêrkommers is regtig steunpilare. Riaan Swiegers
  • Dit was n voorreg om saam met n uitnemende klomp te kon kuier. Dankie ook aan almal wat betrokke was met die reëlings. Dit was voorwaar besonders. Tot weer siens. Schalk Liebenberg
  • DITTO dankie manne. Dit was ‘n wenresep wat ‘n Awesomely Special uiteinde gehad het. Dankieee aan die RK en AL die deelnemers. Voorwaar ‘n Groot Lekkerte!!!!! Nols Heunis
  • DITTO: EK STEM THX. Radie Loubser
  • Dit was net eenvoudig fantasties! Groot dank aan komitee en al die maters (en hul metgeselle 💃🏽) vir n onvergeetlike ervaring. Tot wedersiens almal. Abe Bardin
  • n Besonderse groep en okkassie … baie dankie dat ek die voorreg gehad het om deel te kon gewees het van hierdie groep . Auf Wierdersen. Frank Meaker
  • Ongelooflike voorreg om die MANNE weer te kan sien ! Met genade en groot bydrae van Vito en bydrae was dit n fees ! My gemoed is terug danksy 1973 PRG span wat ongelooflike werk gedoen het ek is so dankbaar. Allie Nieuwoudt
  • Nes Schalk gese het. Kon dit nie beter stel nie! John Donald
  • Veilig terug op Dwarskersbos. Dankbaar ek is deel van die fantastiese 1973 PR klasgroep. Dankie vir elkeen van raakvatters se inset om dit n onvergeetlike reunie te gemaak het. Lekker rus….veral die Uber-ryers😉 Kobie Schonken
  • Elza, baie dankie vir jou voortreflike en onmisbare bedrae – jy is ‘n reuse ster🌟🙏Jannie Hanekom
  • Baie dankie vir die uitnodiging om aan die reunie deel te neem. Ek waardeer die gasvryheid. Ek het dit baie geniet en dit was lekker om ou vriende weer te sien. Groete Jannie Rossouw
  • Baie dankie Elza vir jou aanprysing van die 1973 Manne – soos gisteraand gesê, jy is die Old Boys se grootste bondgenoot in die PRG stelsel! Voorspoed ook vir nog ‘n suksesvolle PRG Old Boys Classic Gholfdag hierdie week. Pieter van Zyl
  • Wat sou ons sonder Elza doen? Uitsonderlik dame. Kobus Theron
  • Ja dit is altyd jammer dat daar n einde moet wees aan sulke wonderlikke tye maar gelukkig was hierdie nie die van ‘n gebeurtenis wat regtig vir my geen gelyke het nie die wonderlikste is regtig die opregtheid van almal wat jy weer ontmoet het na 50 jaar al was jy nie groot pelle op skool nie wys jou net wat kan die tyd jou leer baie dankie aan almal se opregte inspirerende woorde waardeur dit opreg groete en bitter baie dankie aan almal🙏🙏🙏🙏George Killian
  • Sal duidelik vir die volgende reunie 3 maande voor tyd moet begin oefen plekke waar ek nie geweet het is plekke nie begin nou eers styf raak😆😆😆George Killian
  • Wow time to go back home to Belgium. Thanks to all of you for a very very special reunion. Will always be remembered. Stay healthy and happy guys. Vito Bonafede
  • Lekker het ongelukkig ook ‘n einde, maar drie kenmerke wat besonder uitstaande vir my was, is :
    • Die wonderlike samestellling van n uitstekende program.
    • Die gees en uitvoering / deelname aan die program. Mans en dames.
    • Die baie sterk band en interaksie tussen vriende en nie – vriende van ons fisiese skooljare.
  • Baie dankie en goeie gesondheid tot die volgende reunie oor 5 jaar.👏👏👏🙏🍾🥂🙋‍♂️Andre Benkenstein
  • Ek ook nou veilig tuis op plaas. Baie dankie aan almal vir heerlike kuier. My vrou ken nou meer van julle as ek. Danie Davin
  • Weereens baie dankie – heerlik gewees om ou bekende gesigte te herken, maar die ouderdom en 50 jaar later het party se gesigte in my verrotte brein uitgevee! En om name by gesigte te bring was nog altyd een van my vele tekortkominge. Maar was lekker dat wanneer ek iemand geidentifiseer het, flits jare se ervarings en kennis van daardie persone – en was daar baie! Dis soortvan om n boek oor elkeen te lees! Ek is werklik spyt ek het nie meer aktiwiteite meegemaak nie (behalwe die bergpad-stap!) Een van die hoogtepunte was Skip se besielende opruiende “team talk’ – net soos 50 jaar gelede. Nogmaals baie dankie vir die organiseerders se onbaatsigtige tyd en energie bestee aan puik reelings. Groete. Niel Du Bois
  • Yes manne ook veilig tuis! Daars so baie dankies, waar begin mens. Wow wat n great 10 dae was dit nie, dis wondelik om ou vriende weer te sien. Tot weder siens, mooi loop👍🙏Sampie Loots
  • Kan daar iets soos reünie-onttrekkingsimptome wees? Ek dink nogal so. Kobus Theron
  • Aan almal wat die afgelope dae geniet het. Wonderlike tye. Ons almal raak nou oud. Ek stel my 50 jaar uit tot volgende jaar..Wens jul almal net Gesonde, Gelukkige tye. Mag ons Hemelse Vader ons beskerm. Seenwense aan almal van Jul. Groete Jantjie de Clercq
  • Broers ek moet nou oor iets bieg na die reunie. Daar was baie gepraat oor Skip se blog so het ek saamgepraat maar nie n vaalkol geweet wat dit werklik is nie.  Nadat ek vandag vir Nols gevra het vir n foto het hy die website adres gegee. My dogter help my toe om daar in te gaan. Wat n wonderlikke affere!! Nou kyk ek dit op my foon en my vrou vra wat is ek so op my foon. Ek se vir haar: stil vrou hier gaan groot name verby🫣🫣🫥🤣🤣🤣🤣 George Killian
  • Wat vir my rerig uitgestaan het van die reunie is dat ek geen negatiwiteit gehoor het van enige van my mede oud skool maters nie. Nie een woord van die huidige verwikkelinge rakende die regering se flaters & onvermoe om eerlik & openlik te wees met ons Suid Afrikaners! Almal met wie ek kontak gehad het, het nie een gekla oor hul eie skete & kwale nie & my laat besef dat my gebreekte arm & gammie beenvglad nie ‘n issue was nie, want daar was baie wie baie slegter as ek fisies af was. En nie een het oor sy pyne gepraat nie. Dit was uit hierdie perspektief dat ek gevoel het dat ek laasgenoemde boodskap met julle moes deel. Hoop & liefde vir ons land is die kern daarvan waarin ons nog steeds ‘n waardevolle rol kan speel.😃🙏🥰🏏Pierre Le Clus
  • Volpunte vir die RK asook hul vrouens (en ene Bells!!). Moeilik om opregte waardering uit te spreek. Nols en Leon wat sedert die vroeg 1990s manne begin by mekaar hark het en hier is ons in 2023 met ‘n bykans 60% opkoms. Daar is ‘n nuwe standaard gestel wat moeilik geewenaar gaan word. Resep vir ‘n suksesvolle reunie: passievolle RK, sense of belonging en wat almal laat welkom en tuis voel het. Everybody matters and your story counts. Skip Krige
  • Well done on all the hard work over a long period that went into such a successful reunion programme for the Matrics of 73. And thank you for including me in Saturday’s events. There was such a good turn out and it was lovely rekindling memories with so many. I was touched by how many individual conversations I was able to have and the deeply meaningful experiences that we were able to reach back into. There are three people I wanted to follow up with on things we talked about (more in fact, but these three to start with!) – are you able to let me have contact details for. I dropped Jean-Marié at Stellenbosch Hotel after leaving Markotter and we sat in the car and talked until 00:30! Most interesting … Once again, many thanks! Kind regards. David Taylor
  • Hiermee dan my opregte dank vir ‘n aangename aandjie saam met julle. Die manne se geesdrif en entoesiasme was asof dit  hul eerste reünie was! Ek het die aand geweldig geniet, en daardie oorkonde het my heeltemal uit die veld geslaan.  Ek wil jul span gelukwens met ‘n uitstekend georganiseerde byeenkoms. Sterkte. Henry Ekron
  • Ek wil ook van my kant julle bedank omdat jul ons ingesluit het in julle uitnodiging na julle reunie. Ons het dit baie geniet en dit het vir Pieter oneindig baie beteken. Liedie Coetzee
  • Ek wil julle graag bedank omdat ek en Liedie die voorreg gehad het om julle reunie by te woon. Dit was `n heuglike samekoms van manne wat mekaar jare laas gesien het. Ek het die meeste name onthou maar ek glo nie hulle snorre was daardie jare so lank nie. Ek glo dat daar baie staaltjies vertel was en ek wil graag ook `n paar met jou deel.
    • Ek onthou die trappe na die saal en die kleedkamer en die netjiese aangetrekte seuns in die LO-klas. Ek onthou die massa gimnastiekvertonings op Coetzenburg waar Bakkies Loubscher karate gedoen het, die Potgieterbroers gimnastiekvertonings gelewer het en ons tougetrek het. Ek onthou hoe John & Stephen Donald en George Stindt tydens tweede pouses op die B-veld 200meters geoefen het. Ek glo dat dit die basis gelê het vir hulle prestasies in latere jare. Ek onthou die toutrekspan wat die Simon van der Stelfees kompetisie gewen het – ek vermoed dat dit Harry Erasmus was wat die trofee van Simon van der Stel ontvang het. Baie dankie omdat jul die leiding geneem het om die reunie te reël en julle oud-onderwysers in te sluit met die uitnodingings. Hopelik kan ons weer bymekaar kom om te gesels, al is dit net om `n koppie koffie. Pieter Coetzee
  • Môre 1973 Manne, ‘n Goeie vriend (“Broer”) deel vanoggend die volgende woorde van wysheid met my. Ek deel dit ook met julle almal, as ‘n gepaste terugskouing op ons pasafgelope Reunie 50: Brief aan my Broer. 💐 ’n Man het saam met sy Pa koffie gedrink. Terwyl hulle oor die lewe en volwassenheid gepraat het, het die pa gesê: “Moet nooit jou broers vergeet nie! Hulle sal mettertyd baie belangrik word. Maak nie saak hoe lief jy jou vrou, of jou kinders het nie, jy gaan jou broers nodig hê!”  “Onthou wanneer ek praat van jou “Broers” bedoel ek ALLE mans wat aan jou geheg is.” “Soms moet jy hulle kontak, dalk saam met hulle uitgaan, dinge met hulle doen, want eendag sal jy hulle nodig hê!” Die Seun het daardie woorde in hom toegesluit. Hy het kontak met sy broers behou. Hy het deur die jare baie vriende gemaak. Sommige het gekom, sommige het gegaan, maar mettertyd het hy verstaan ​​wat sy Pa bedoel het. Die wêreld, tyd, natuur en lewe bied hul veranderinge en raaisels in ‘n man se lewe, maar jou ware Broers bly altyd. Na al die jare wat ek op hierdie aarde geleef het, het ek geleer dat: * Tyd gaan verby. * Die lewe gebeur. * Kinders word groot. * Afstand skei. * Passie neem af. * Die hart breek. * Ons ouers sterf. * Gunste word vergeet. * Werksgeleenthede kom en gaan. * Loopbane eindig. MAAR. Jou Broers is altyd daar, maak nie saak die afstand tussen julle nie. ’n Broer is nooit te vêr om bereik te word nie. Wanneer jy deur ‘n eensame vallei moet stap en dit vir jouself moet doen, sal die Broers van jou lewe om jou wees, jou bemoedig, vir jou bid, jou druk, vir jou ingryp en met ope arms vir jou wag by die einde van die pad. Hulle sal langs jou loop… of selfs jou vrag dra. Oupa’s, pa’s, broers, kleinseuns, nefies, oom’s, skoonpa’s, swaers en VRIENDE. Hulle is almal jou “Broers” en hulle is God se seën in die lewe! Pieter van Zyl