Categories
Huldeblyke

Waldo Rust

11/07/55 – 21/05/2004

Rita (Vrou)

Ons aanvaar almal dat ons een of ander tyd sal doodgaan – tog was dit ‘n geweldige skok toe ons moes verneem van Waldo se ontydige dood in die ouderdom van 47 jaar.

Waldo was ‘n ware mens mens – hy was joviaal, gasvry; lojaal en die lys gaan aan.

Hy was lief vir die natuur en hy sou alles los net om te gaan jag, visvang, visskiet, duik of kamp.

Hy het groot waardering gehad vir lekker kos, lekker eet, rooiwyn drink en saam met sy vriende en familie kuier.

Ongelukkig was sy gesondheid van so ‘n aard dat hy ‘n hartomlyning moes ondergaan op die ouderdom van 37 jaar. Ses weke na sy operasie het hy weer fluks geduik vir perlemoen.

Hy is die dag met sy dood deur sy medejagters gevind in die veld, by ‘n skaapkrip, after sy geweer, waar hulle Springbokke gejag het. Hy is dood in die veld waar hy op sy gelukkigste was. Hy het elke dag gelewe asof dit sy laaste dag op aarde was.

Met tyd het die aanvaarding van verlies gekom en die uiteindelike besef dat die lewe moet voortgaan.