Categories
Huldeblyke

Niel Van der Spuy

14 MEI 2019

Karen Zaayman (Suster) en Naas (Karen se seun) se memories

Die fotos is die 2 toekennings wat hy gekry het…Artes for best original music en FNB Best SA composed soundtrack.

Niel was an extraordinary person. He had a gentle soul, great humour, and an incredible passion for music. Niel was exceptional in his genuine and non-selfish approach to relationships with others, where he never sought anything for his own gain. Niel was a humble man who was and is still a great example of how humans should be to one another. Niel’s ability to listen sincerely beyond what is necessary created caring relationships with anyone that crossed his path and, most importantly, enriched their lives. Niel will always be remembered for just being completely awesome in every way.

Frank Meaker onthou

Niel is gebore en getoë in Stellenbosch. Sy pa was die bekende “Sangman”, prof George van der Spuy, wat die wêreld menige stemme laat hoor het.  Dit is waar Niel sy musiektalente vandaan gekry het. 

Maklike kinderjare het Niel nie gehad nie, maar dit het ‘n positiwiteit in hom ontlont, naamlik om vir ander om te gee en nooit homself op die voorgrond te plaas nie. Die mense met wie Niel paaie gekruis het, het van hom gehou en gerespekteer, want hy het almal met respek behandel en deur sy voorbeeld mense verryk. 

Kaptein Niel Van der Spuy het in die SA Polisie Orkes opgetree en was betrokke by verskeie fondsinsamelingsgeleenthede. Sy broer, Hubert, en Niel het die bekende Hot Spot Die Spens in Pretoria begin wat op ‘n tyd die gewildste kuierplek anderkant die Apiesrivier was. Dit het aan opkomende Afrikaanse musieksterre  van 1976 tot 1986 ‘n wegspringplek gegee. Niel was bekend daarvoor dat hy aan elkeen ‘n billike kans wou gee om sy of haar  potensiaal te bereik. 

Niel het later tot en met sy dood by Blaauwklippen gewerk. Almal was baie lief vir hom en het hy as Mnr Blaauklippen bekend gestaan.  

Niel het ‘n lisensiaat in klassieke kitaar en etlike Artes-toekennings agter sy naam gehad. Een toekenning het hy van Niell Solomon gekry vir die musiekklankbane  van die Manwakalanders en Woestynblom (FNB Best South African Composed Soundtrack) en TV Artes (Best Original Music).   Dankie Niel, ons kan ‘n boek of twee oor jou skryf met al jou hoogtepunte in die musiekwêreld. Ons het ten minste een keer per week gesels en was baie close.