Categories
Huldeblyke

Dawid Van Niekerk

26 Junie 2022

DOGTERS SE HULDEBLYK

Pa was n man van integriteit, ń sagte mens met n groot hart, n passie vir die lewe en sy medemens. 

Pa se ongelooflike liefde vir die natuur en die sterrehemel was altyd prominent en laat ons vandag met soveel mooi herinneringe en kennis om eendag weer aan ons kinders oor te dra.

Pa het n ongelooflike liefde vir Paul Roos en Stellenbosch omgewing gehad en altyd stories vertel van die bergklim ekspedisies en avonture in en om Stellenbosch. Pa kon ook soms lekker ondeund wees en die onderwysers moes maar hare op hulle tande he, altyd n terggees en n bok vir sports. 

Die diep trots vir die skool en groot liefde vir die verhoudinge wat op skool gebou is en n leeftyd deel van Pa se lewe was, was onmisbaar en so kosbaar. Ons is so dankbaar dat daar geleentheid was om weer n paar jaar terug tyd met ou skool vriende in die mooie Stellenbosch berge te kon deurbring.

Hyt die laaste 20 jaar van sy lewe in die Klein Karoo gebly waar baie mense vir hom lief geword het met sy betrokkenheid in die gemeente en as toergids van die lieflike Tuinroete. Hy was ‘n trotse Pa en Oupa en sy “sweet pea” was vir hom baie spesiaal. Ons het die voorreg gehad om die laaste Paasweek saam in die Sederberge te spandeer wat een van ons gunsteling bestemmings bly.

Hy was ‘n voorbeeld vir ons in sy geloof en waardes, wat ons altyd sal by bly.

Verewig in ons harte en gedagtes.