Categories
Klas van 1973

Onderwyseres: Mariette Meyer

Al het soveel jare verloop, onthou ek julle klas baie goed. Ek was destyds maar `n groen onderwyseressie, maar julle was gaaf en goed vir my. As daar `n funksie gereël moes word, het ek nie `n vinger verroer nie, want julle was vinnig by om alles oor te neem en af te rond sonder my raad of hulp. Julle klas het oor die algemeen goeie maniere gehad en as daar iewers fout was, het mnr De Jongh geweet wat om te doen! Julle het die skool mooi reggeruk deur leiding te neem en Christelike  waardes uit te leef en oor te dra. en dit wil gedoen wees!