Categories
Klas van 1973

Onderwyser: Pieter Coetzee

Ek was in 1972 en 1973 die onderwyser vir LO (Liggaamlike Opvoeding) aan Paul Roos Gimnasium.

My bande met die skool strek egter heelwat verder terug. Ek is gebore en getoë op Stellenbosch. Die huis waarin ek groot geword het, staan vandag bekend as Schroëderhuis, die oudste woonhuis in Suid-Afrika.

Soos baie van julle het my paadjie deur Laerskool Bloemhof, Laerskool Paul Roos en Paul Roos Gimnasium geloop. In 1964 het ek gematrikuleer, in dieselfde jaar wat Wilhelm (Welmie) de Vries en Flaf Viljoen vir die heel eerste WP Cravenweekspan gekies is.

My loopbaan as onderwyser is na PRG by die Hoërskool Tygerberg tot en met Julie 1983 voortgesit. Daarna is ek na die Hoërskool Wittedrif naby Plettenbergbaai. Hier het ek in 2015 afgetree en woon nog steeds in die omgewing op ‘n kleinhoewe.

Ek wens julle ‘n lekker reünie toe.