Categories
Klas van 1973

Onderwyser: Niel Du Toit

Baie dankie vir die uitnodiging om iets te skryf. 

Ek is seker daarvan dat die reëlingskomitee met groot toewyding aan die 50 -jarige herdenkingsfees gewerk het. Mag hulle die nodige erkenning kry by wyse van die inspirerende belewenisse van elkeen wat gaan deelneem. 

Julle sal ook geïnspireer word deur die kwaliteit van lewe van julle klasmaats wat nie meer daar is nie. Julle sal met groter lewensdrif en dankbaarheid teenoor mekaar die pad vorentoe saamloop . Die Lig sal vir een en vir almal wat deelneem, helderder skyn! 

Ek het op ‘n dag die ode aan mnr Gert Smit vir die argivaris aangestuur. Tot my verbasing is dit in die gereelde nuusblog van die Oudskoliere-unie geplaas. Ek volstaan daarby al is dit nou nie regtig ‘n eerbetoon nie, maar bloot die ervaring van ‘n jong onderwyser in die teenwoordigheid van sy hoof in die konteks van die groter gees van die PRG. 

Beste wense vir elkeen en almal van julle wat my ook met al die tekortkominge aanvaar het. As ek terugkyk, moet ek liewer vergifnis vra as om te soek na moontlike prestasies.

In vriendskap 

Daniël du Toit