Categories
Huldeblyke

Danie Van Tonder

Daniël Jacobus van Tonder

22•11•1955 – 9•01•2020

RONELL VAN TONDER (VROU)

Daniël was lief vir hoede. (Hy het letterlik ‘n hoed vir elke geleentheid en doel gehad wat hy met ‘n “flair” eie aan hom gedra het!). Maar hy het ook graag na die baie verskillende rolle wat hy in sy leeftyd gespeel het as figuurlike hoede verwys. Saam met sy liefde vir hoede was daar sy liefde vir woorde. Hy het diep nagedink oor sy woorde en die volgende woorde/waardes het hy saam met elke figuurlike hoed met erns uitgeleef: AUTHENTICITY; RESPONSIBILITY; EXCELLENCE; TRUST & RESPECT.

As jong (en baie verliefde!) student het ek hom met sy “seun-hoed” op leer ken. Selfs as jong man het hy sy “Ma-Audrey” met eerbied en liefde bygestaan om 4 kinders as ‘n enkelmamma groot te maak (sy pa is in 1973, sy matriekjaar, oorlede).

Sy “eggenoot-hoed” was eintlik ‘n kroon – hy was die koning van ons huis (en my hart!) – die man wat altyd daar was vir my en alles kon beter maak.

Sy “pappa-hoed” was meer ‘n “super-hero” mantel, want hy was sy twee dogters se “hero”, raadgewer, ondersteuner en nog veel meer. Tot ons almal se vreugde het daar later ook ‘n “oupa-hoed” bygekom – definitief een van sy gunsteling hoede!

Sy eerste “werkshoed” was as dosent aan US. Daarna het hy die bankwese betree (eers Boland Bank en die laaste sowat 16 jaar van sy lewe was hy werksaam by RMB). Soos elke ander hoed het hy hierdie een met entoesiasme en toewyding gedra en was hy ook daar iemand na wie kollegas opgekyk het, raad gevra het of sommer net lekker oor ‘n koppie koffie/glasie wyn kon gesels. Hy was vir baie jonger kollegas ‘n wonderlike mentor, want behalwe sy diepgaande kennis van sy beroep, was hy ook ‘n wyse en betrokke luisteraar.

Dan was daar sy “vriend-hoed” – jag, kuier, wynproe, braai, toer, kamp – ‘n baie gewilde en geliefde hoed!

Saam met al sy ander figuurlike hoede het daar in die laaste paar jaar vir hom ‘n baie belangrike hoed bygekom. Sy “life-coach” hoed het hy per toeval by ‘n kursus by RMB (hy was waarlik die ewige student!) ontdek en dit het vir hom ‘n tweede (baie ernstige) loopbaan in sy lewe geword. Dit het hom inspireer om met groot toewyding en entoesiasme te werk aan ‘n leierskap-program (Ethos) vir die ontwikkeling en bemagtiging van leiers veral in die onderwys-wêreld. 

By RMB se “coaching’-span was hy besonder geliefd. Hulle het die volgende deel van ‘n gedig deur Mary Oliver aan hom opgedra, want hy was vir hulle “an example of this piece (When Death comes by Mary Oliver). ‘Not having simply visited this world but living life with adventure’ – “flat out” as he would say with gratitude for each day!”

Geen woorde kan my Daniël se lewe in ‘n paar sinne beskryf nie, want hy was LIEF vir die lewe – met alles wat hy aangepak het, het hy groot gegaan! Ek dank ons Hemelse Vader dat ek saam met hom die aardse reis kon onderneem. 

Wat ‘n man! Wat ‘n lewe!

When Death Comes
Mary Oliver

When death comes
like the hungry bear in autumn;
when death comes and takes all the bright coins from his purse
to buy me, and snaps the purse shut;
when death comes
like the measle-pox
when death comes
like an iceberg between the shoulder blades,
I want to step through the door full of curiosity, wondering:
what is it going to be like, that cottage of darkness?
And therefore I look upon everything
as a brotherhood and a sisterhood,
and I look upon time as no more than an idea,
and I consider eternity as another possibility,
and I think of each life as a flower, as common
as a field daisy, and as singular,
and each name a comfortable music in the mouth,
tending, as all music does, toward silence,
and each body a lion of courage, and something
precious to the earth.
When it's over, I want to say all my life
I was a bride married to amazement.
I was the bridegroom, taking the world into my arms.
When it's over, I don't want to wonder
if I have made of my life something particular, and real.
I don't want to find myself sighing and frightened,
or full of argument.
I don't want to end up simply having visited this world.

Gentleness is everywhere in daily life, a sign that faith rules through ordinary things: through cooking and small talk, through storytelling, making love, fishing, tending animals and sweet corn and flowers, through sports, music and books, raising kids – all the places where the gravy soaks in and love shines through. Even in a time of elephantine vanity and greed, one never has to look far to see the campfires of the gentle people.

– Garrison Keillor quoted in “And Wisdom Comes Quietly”