Erkenning, met groot waardering, aan die volgende instansies en persone:
- Vriende van ander skole wat die konsep van ‘n 50-jaar e-album aangewakker het, ondersteun deur ‘n aantal persone wat die ontwikkeling van ‘n eie Klas-Blog voorgestel het.
- Die 1973 matriekklas vir hul bydraes, fotos en nuuswaardighede. Sowel as familielede/vriende se huldeblyke aan hul wat ons reeds verlaat het.
- Die Reëlingskomitee vir hul ondersteuning en entoesiasme. Ook hul insette oor die verskeidenheid van persoonlike profiele wat inklusief moet wees: dus nie net ‘n oorsig van “achievers” nie, maar ook “ordinary guys” en selfs hul wie se lewe na 50 jaar ‘n “train smash” is.
- Elza van der Walt by die PRG OSU-kantoor vir haar bystand, advies en databasis van die 1973 klas. Volgens haar is dit die eerste PRG Klas-Blog.
- Mariena Kotze, PRG Argivaris, vir al die stof wat sy tot ons beskikking gestel het. Sy was ook die sameroeper van die PRG 150 YEARS/JAAR Gedenkboek (2015) wat ‘n uiters waardevolle bron was, waaruit ‘n magdom inligting onttrek is.
- Pieter van Zyl en Nols Heunis wat mini-argiewe van die 1973-klas huisves en pakke vol materiaal beskikbaar gestel het.
- Oud onderwysers wat kon help met die opspoor van korrekte inligting.
- Redaksionele span vir die versameling en kontrole van bydraes: Skip, Pieter en Nols.
- Solid Stuff Creative Studio wat voortreflike diens gelewer het met die Blog se ontwerp, uitleg, digitaliteit, proeflees en finale afronding. Hul is ook sedert 2015 betrokke by die OSU se Nuus Blog wat kwartaalliks verskyn. Die span is ‘n familieonderneming van twee egpare, Fanie en Lisel Krige, en Imar en Tamara Krige, en nog twee familielede, Nadia Marais en Calab Lock.
- Anonieme donateur wat die Blog gefinansier het.
