




11/12/1954 – 27/4/2023
Nols Heunis: Goeie môre manne van die 1973 Klas. Dis met Groot Hartseer dat hierdie boodskap met julle gedeel word vanoggend:
“Pof Louw is vroeg vanoggend oorlede, hy was rustig. Dankie aan almal vir julle ondersteuning dit word baie waardeer deur sy familie. Ons vra dat julle ons die ruimte sal gun sodat ons ons verlies kan verwerk. Groete Gretha, names die Louw familie.”
Rus sag Pof. Jy is nou verlos van jou aardse pyn.

Skakel van Radio Overberg se Huldeblyk: Nols Heunis se huldeblyk:
Pieter van Zyl se bydrae: “Wow Manne van 1973, Wat ‘n pragtige huldeblyk is die Radio Overberg program nie vir onse vriend Pof Louw nie! Pragtige songs ook deur Ben & kie – ook van Pof self – het sommer baie heimwee gebring. So baie het hom beskryf as ‘n “mens mens” en dit was hy gewis. Rus sag Ou Grote, tot weersiens. ”
