03 Junie 1955 – 26 April 2021
Walter is op Vredendal gebore, die oudste van drie broers, en het sy laerskooldae op diédorp deurgebring.
In 1970 word hy ‘n Paul Rooser en inwoner van die koshuis Prima Nova. Sy twee jonger broers sou in sy voetspore volg.
Hy doen sy diensplig in die Mediese Korps.
Sy werksloopbaan begin as ‘n ingeskrewe klerk by ouditeursfirma Theron & Du Toit op Ceres. Hier ontmoet hy ook sy vrou, ‘n onderwyseres, en hulle trou op 03 Januarie 1980.
In 1983 aanvaar hy ‘n pos as finansiële bestuurder by die Oranje Bakkery op Upington, waar sy dogter, Chrisie, in 1984 gebore word.
In 1987 verhuis die gesin na Welkom, waar hy as ‘n inteme ouditeur by Anglo American werk. Sy seun, Johan, word in 1990 hier gebore. In 1996 word hy na Carletonville as ‘n ouditeur by Elandsrandmyn verplaas.
Pretoria word in 2002 die gesin se tuiste toe hy as ouditbestuurder by Grinaker aangestel word. Tydens sy dienstyd hier word hy en sy gesien na Mali en Guineë gestuur waar hy vier jaar lank werk.
In 2009 word hy ouditbestuurder van Avbob in Pretoria, waar hy in 2017 aftree. Daarna doen hy deeltyds kontrakwerk doen vir ‘n privaatmaatskappy wat deur die Staat gekontrakteer was om munisipaliteite met skuldinvordering te help.
Walter word in 2020 met kanker gediagnoseer en sterf ‘n jaar later op 26 April 2021 in Pretoria. Hy laat sy vrou, sy seun en skoondogter wat tans in Johannesburg woon, en sy dogter en skoonseun wat in Engeland woon, asook twee kleinkinders agter.
Hy sal onder meer onthou word as ‘n lojale ondersteuner van die rugbyspanne van Paul Roos Gimnasium, Maties; WP, die Stormers en die Springbokke.




