Vrydag 24 Februarie 2023
Sanddrif en kuier
Etes
3 Februarie 2023
Hallo Jannie & Almal,
Ek het nie die program so heel in my kop nie.
Sanddrift is redelik afgeleë en daar is nie baie kans vir regstellings nie. Almal vat eie proviand saam soos benodig. Kromrivuer het ń winkel maar dis beter om nie daarop te bargain nie. Van ons lewe om te eet en ander eet om te lewe. Daar kan dus probleme ontstaan indien ń sentrale fly by night caterer betrokke is. Om vir alles te cater moet julle maar bier saamvat vir die tye wanneer jy honger word. Ek vat ń klomp growwe mieliemeel en smoor vir 3 x 30 x 300 ml krummelpapetes vir drie aandetes saam … vir groente en slaai. Niemand sal dus verhonger nie. As jy ń groente en slaai mens is, bring saam. Vrydagaand:- Worsbraai met pap en smoor. Bring eie wors. Almal sou die dag oppad reeds goed gebrekvis en ge-middagete het. Braai ook genoeg wors vir brekvis vir drie oggende. Pap sal nie hou tot dan nie so as jy iets meer as wors wil eet, vat saam.
Middagete is elkeen se eie verantwoordelikheid. Vrugte werk altyd om die dag te rek tot aandete. Appels en geelwortels reis goed.
Saterdagaandete is vroeg omdat ons moet klaarmaak voor 8 om Sterrewag toe te ry. Dis waarskynlik ń braaiery. Bring en Braai. Ek sal weer pap maak vir slaai en groente. Stel voor dat julle weer worsi vir Sondag brekvis draai. Bring saam. Ook nog vrugte vir middagete.
Sondag dieselfde rympie.
Heelwat van ons op die roundtrip kan die dag in Clanwilliam aanvullings doen maar onthou dit moet ten minste ń klompie uur saamry. Moenie staatmaak op bederfbare aanvullings nie.
Bestudeer Pieter se program en doen jou beplanning nagelang van jou eetvermoë.
En drinkvermoë.
Ek vat altyd 5 liter bottelwater vir twee mense per dag saam op ń trip. Dit sal warm wees so moenie vergeet nie. Mens drink ń klomp water so tussen koffie.
Riaan
Bierproe by Cederberg Brewer
Saterdag, 25 Feb 2023
Wynproe by Cederberg Wines
Beste David,
Twee weke gelede was ek saam met my 1973 Paul Roos klasmaats daar by julle in die liieflike Cederberg. Dit was ‘n onvergeetlike naweek van saamkuier, bierproe, wyndrink en gesels en stap in die pragtige omgewing, waarvan die klimtog in en deur die Cracks die hoogtepunt was (al was daar ‘n paar benoude oomblikke!).
Die hoofrede vir my skrywe is egter om jou te bedank vir die besondere manier waarop jy ons in die kelder getrakteer het (die klein groepie wat na die wyn-proewery by jou in die kelder aangesluit het).
Die inligting wat jy met ons gedeel van jou wynmaak prossesse was insigewend, maar dit was veral jou entoesiasme, ongekustelheid en liefde vir wat jy/julle doen wat my diep beindruk het – Saterdagmiddag ten spyte!
Die spreekwoordelike kersie op die koek was jou ‘random act of kindness’ en onbaatsugtige geskenk (die magnum Shiraz/Cabernet) wat jy vir my aan die einde van ons besoek aan die kelder gegee het. Dit was onverwags en spreek boekdele van wat jy en die Cederberg ‘brand’ verteenwoordig.
Dis nie altyd dat ‘n forty-something? ‘n sixty-something soos ek inspireer nie, maar jy het dit vir my gedoen. Jou kommentaar aan die einde van die YouTube video dat “winemaking is not a career but a lifestyle’ was ewe treffend.
Dankie daarvoor – ek vertrou dat die waardes van julle sukses op die plaas nog lank behoue sal bly.
Ek plaas twee foto’s van die Sondagaand (nou 2 weke gelede) toe ek ons groep van jou geskenk meegedeel het, en ons dit daar op Sanddrift met groot smaak jou uitsonderlike wyn geniet het.
Weereens baie danke & mooi wense
Ferdie Gerber
Wolfbergskeure
Stadsaalgrotte













Sondag, 26 Feb 2023
Truitjieskraal
Disapoel en Kromrivierswemme
Klik hier om Johann Murray se fotos te sien.
Terugvoer
- What an amazing weekend, very special…thanks to the organisers and thanks to all the girls and boys that made this an event to remember. Will always be in the memory bank, look forward to the rest of the week, see you at the school at 07:30 tomorrow. Vito Bonafede
- Dankie aan almal. Dit was nou moerse lekker en relaxing. Michael en Zita😎
- Yes manne en dames dankie vir n fatastiese naweek. Great memories! Sampie en Seugnet👍😎
- Baie dankie aan ieder en ‘n elk vir ‘n besonderse naweek. Danie van Niekerk
- Van my en Barbara: Dit was magical!! Talle amazing oomblikke – felt alive en was een groot happiness! Dankie aan almal en veral organisers. Top class!! Ferdie Gerber
- Ek wil darem ook net ‘n stuiwer…….gooi Ek het die paar dae baie geniet en gewaardeer! Guise Laurie
- En moenie vergeet van Riaan se pap en sous nie. Die man het moeite gedoen….en ons sê baie dankie! Kobus Theron
- Pap en sous was ongetwyfeld ‘n kulinere hoogtepunt hierdie naweek. Groot dankie aan Riaan en sy morele ondersteuner Nina. Pieter van Zyl
- Volgens een van die groot wyngeeste van ons tyd word wyn gemaak deur SUN, SOIL, VINE, MAN. Riaan Swiegers
- Die naweek is gemaak deur die PLEK en Deurdringende Sonskyn, Wit-Rooi-Bruin Rots, Blou Hemele, Helderstrome Bergwater, Rooirooi Disa’s …. en soos almal reeds beaam het, die MENSE. Min het die weer so mooi in die Kaap saamgespeel nie. Werklik ‘ń voorreg om die plek en die almal met almal te geniet. Alhoewel ek met Ferdie oor sy braaibroodjies saamstem, sy kommentaar het die pap darem die sous werd gemaak. Sy braaibroodjies (wat hy vir Dirk moes hou) was 100%. Riaan Swiegers
- Kerels, my gevleulde woorde gaan nooit by julle sin kom. Dit was moers lekker agv spanwerk, location, beplanning en die afwesigheid van moaners. Baie dankie almal. Ek wil niemand uitsonder maar daai bier wat Harry my geoffer het na die Disastap, gaan bledie moeilik geklop word. Ons het teruggekom oor Ceres en toe Bainskloof. What a drive! Johan Cillie
- Jip, baie dankie almal wat gereël, kos gemaak, gestap en gekuier het – dit was ‘n voortreflike naweek💖💖🥂🥂 Jannie Hanekom
- Ek gewonner waar kom Sederberg module in? Radie kom al van 1960 soontoe en ek van 1966. Well done RK om die module in te bou. Alles het net seepglad verloop en niemand was in beheer nie. Die plek het weer nuwe betekenis gekry en voorwaar ‘n wegbreek plek vir elk van ons gesinne!! Skip Krige






































































































