Categories
Profiele

Melchior Johnson

Soos die jare aanstap, vervaag sekere dinge in jou geheue en andere kom weer helder op. Ongelooflik om te dink dat amper 50 jaar al sedert ons matriekjaar verby is. Tel nog 11 jaar daarby en dit word altesame 61 jaar gelede dat ‘n klomp van ons met gemengde gevoelens by Laerskool Bloemhof afgelaai is. […]

Categories
Profiele

Sampie Loots

Categories
Profiele

Julian (Jules) Theron

PAUL ROOS SE ANDER ” SPRINGBOK” Noem die naam Julian Theron en die onmiddellike reaksie van jagters en wildboere, wyer as net in Suid-Afrika, is “o, dis die ou wat rekordpryse vir sy Springbokke kry en ook al wildteler van die jaar was”. Dis die einste, beskeie, vyfde geslag Karooseun van Wonderboom tussen Richmond en […]

Categories
Profiele

Dirk Loots

Dis vir my ‘n voorreg om te kon deel uitmaak van die geskiedenis van ‘n besonderse skool. My lewe het ‘n paar standvastighede gehad: die feit dat ek van my geboorte tot en met die hede dieselfde adres kon hê, naamlik  die plaas Zwemkuil in die Prieska-distrik, my huwelik van 41 jaar met my oorlede […]

Categories
Profiele

George Killian

Categories
Profiele

Harry Erasmus

As ‘n jong Suidwester het ek en my ouers in Junie 1969 gaan skool soek. Die keuse was tussen Paarl Boys High en Paul Roos Gimnasium. Gelukkig het ek plek gekry in Paul Roos. My Pa wou hê dat ek in Engels my opvoeding moes kry, want dit sou kwansuis in die langtermyn tot my […]

Categories
Profiele

Jannie Hanekom

Nadat ek by Laerskool Vredelust in Bellville was, is ek na PRG vir my hoërskooljare. Dit is moeilik om gunsteling onderwysers uit te sonder, maar miskien sou ek sê Rustelle Taute (klavier) en Ters van Huyssteen (Duits) het ‘n blywende indruk op my gelaat. Ek het grootgeword op die kleinhoewe Woerden buite Kraaifontein, net af […]

Categories
Profiele

Jannie Rossouw

Ek is op Stellenbosch gebore en het destyds op Vlottenburg, buite die dorp, gewoon. Ek wonder steeds oor die naam Vlottenburg, miskien was daar baie jare gelede ‘n vlot op die Eersterivier. Die naam van die Plankenbrugrivier kom immers van die eerste plankagtige houtbrug oor daardie sytak van die Eersterivier Ek het in 1962 by […]

Categories
Profiele

Johan Bouwer

Veral toe ek hoor dat daar ook hulde gebring word aan die gestorwe alma maters het ek besluit om  ietsie te vertel; en net sodat Skip nie ook oor my verslag hoef te doen nie. Ek leef nog en ken my verhaal baie goed. Ek het 100 jaar se avontuurervaring ingeprop in 50 jaar. En […]

Categories
Profiele

Kobus Theron

Van my skoolloopbaan onthou ek nie veel nie; dus sal ek eerder die jare na 1973 opsom. In 1974 doen ek my weermagopleiding, eers basies by Youngsfield, gevolg deur 8 SAI by Upington, en daarna by 2 SAI in Walvisbaai. Die laaste twee maande van daardie jaar het ons peloton in Windhoek deurgebring. Natuurlik het […]

Categories
Profiele

Piet Van de Vyver

Ek beland in 1969 by Paul Roos… 1000km van die huis af (Cathcart). Ek ervaar voorts van die beste tye van my lewe. Wie sal ooit Coetzenburg, Nuweland en al die goeie vriende vergeet? In Prima is my ‘roomie’ ene Sampie Loots. Ons is vandag nog vriende. Wie sal die ‘touchies’ onder die bome of […]

Categories
Profiele

Pieter van Zyl

Ek is op 16 Februarie 1956 op Stellenbosch gebore as ‘n agste geslag afstammeling van Willem van Zijl, die Van Zyl-stamvader in Suid-Afrika wat van Nederlandse herkoms was. My pa (SAS van Zyl), twee broers (Theo/Baldie en Marvan) en my seun (Bertus) was ook almal op PRG, terwyl my skoonseun (Marinus Pretorius) tans ‘n onderwyser […]

Categories
Profiele

Piper Oosthuizen (Pieter)

Ek is een van die ‘originals’ – Bloemhof Laer in sub A en B, daarna Laerskool Paul Roos en PRG. Ek is op 24 Junie 1955 in Cradock gebore, waar my pa in die distrik Steynsburg op Bulhoek (Paul Kruger se geboorteplaas) met merino’s geboer en wol via PE na Engeland uitgevoer het. Droogte het […]

Categories
Profiele

Riaan Swiegers

Riaan of Swieg of Vlieg, gebore in De Aar, val na die eerste kwartaal van standerd 1 by LPR in, woon in Zwaanswykweg 9, Karindal en voltooi matriek by PRG in 1973. As Karookind wat nie reën ken nie, was my eerste indruk die nonchalant wyse waarmee Paul Rosers met hul skoene deur water kon […]

Categories
Profiele

Richard Murray

Fifty Years – wow! Time has passed so quickly. Thanks to God’s mercy and keeping power, we are still doing well. Our family emigrated to the USA in 1977, not long after I had matriculated from Paul Roos, completed military training in the SP Guard, and worked at the Stellenbosch Divisional Council. But I will […]

Categories
Profiele

Skip Krige

Ek is op Stellenbosch gebore en kom uit die dorp se Bottelary Krige-stal (een van elf takke).  My oupagrootjie, oupa, pa, broers en broerskinders was almal op PRG. Ek het tot standerd 3 in Denneoord skoolgegaan en in standerd 4 by Sheila de Kock ingeval. Onthou julle nog die houe op die kuite!! Chris Kapp […]

Categories
Huldeblyke

Danie Badenhorst

22 April 1954 – 20 Oktober 2024 Ter nagedagtenis aan Danie Badenhorst Dit is met diepe hartseer dat ons die afsterwe van Danie Badenhorst, ‘n gekoesterde alumnus van Paul Roos Gimnasium, Klas van 1973, aankondig. Danie, wat hierdie wêreld vir 70 wonderlike jare met ons gedeel het, het ‘n onuitwisbare merk gelaat op almal wat […]

Categories
Huldeblyke

Enrik Basson

14 Julie 1956 – 20 Junie 2023 Sy vrou, Dedrie, deel oor Enrik die volgende stukkie wat in die kerk gelees is: Hy was ‘n baie goeie man, lewensmaat en vriend vir my. Die eerste ‘boyfiend’ en toe trou ons nadat ons albei klaar gestudeer het.  Ons het mekaar in Junie 1977 op ‘n landsdienskamp […]

Categories
Huldeblyke

Johan Bouwer

28 Mei 1955 – 29 September 2024 Video van broer, Cronje: Huldeblyk oor Johan Bouwer deur Klasmaats olv  Riaan Swiegers Jolanda, Cronje, Lötter, Rohan en familie, Baie dankie vir die rol wat julle as die ankers in Johan Bouwer se lewe gespeel het… sterk ankers teen stormwinde en ook in die sonskyndae. Oor die laaste […]

Categories
Huldeblyke

Daniel Barend (Danie) Claassen

18 Augustus 1955 – 9 Oktober 2021 Dit is met hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van Daniel Barend (Danie) Claassen op 9 Oktober 2021. Danie is op 18 Augustus 1955 gebore en het ‘n lewe gelei wat gekenmerk is deur vriendelikheid, integriteit en toewyding. Hy was ‘n steunpilaar vir sy gesin en […]

Categories
Huldeblyke

Nicola Freidberg

10 Sept 2010 Jannie Hanekom se herinneringe Nicola Freidberg het in 1972 in standerd 9 na Paul Roos Gimnasium toe gekom vanaf die ou Suidwes. Hy het standerd 8 in 1970 voltooi op Mariental, waar sy pa skoolhoof en inwonende koshuisvader was. Die volgende jaar (1971) het hy, ipv standerd 9, na die Windhoek Konservatorium […]

Categories
Klas van 1973

Onderwyser: Francois Hendrick (Sparks) Esterhuysen

Colin Hoffmann onthou RIV Sparks Esterhuysen! As die woord “legende” ooit aan iemand toegedig kan word, is jy een van hulle. Die vader van See-en-Sand en iemand met ‘n ongelooflike passie en kennis vir en oor die groot blou dam. My pad het self ‘n paar keer met dié man s’n gekruis en almal daarvan […]

Categories
Huldeblyke

Dirk Hamman

1 Februarie 1955 – 4 Mei 2024 Ter nagedagtenis aan Dirk Hamman Trotse Old Boy Dirk Hamman, ‘n klasmaat wat in 1974 of elders gematrikuleer het. Is vroeër vanjaar (2024) oorlede,  Vir 69 jaar het hy ons lewens met sy warmte en wysheid verryk en vorm liefde en veerkragtigheid deel van sy naletenskap.. Dirk word […]

Categories
Huldeblyke

Walter Huisamen

03 Junie 1955 – 26 April 2021 Walter is op Vredendal gebore, die oudste van drie broers, en het sy laerskooldae op diédorp deurgebring. In 1970 word hy ‘n Paul Rooser en inwoner van die koshuis Prima Nova. Sy twee jonger broers sou in sy voetspore volg. Hy doen sy diensplig in die Mediese Korps. […]

Categories
Huldeblyke

Pof (Ernst Baard) Louw

11/12/1954 – 27/4/2023 Nols Heunis: Goeie môre manne van die 1973 Klas. Dis met Groot Hartseer dat hierdie boodskap met julle gedeel word vanoggend: “Pof Louw is vroeg vanoggend oorlede, hy was rustig. Dankie aan almal vir julle ondersteuning dit word baie waardeer deur sy familie. Ons vra dat julle ons die ruimte sal gun […]

Categories
Huldeblyke

Serge Gaillard

In memory of Serge Gaillard, PRG Matric class of 1973deur Jean-Marie Questiaux I recently traced Serge Gaillard’s brother, Thierry (PRG 1971) through my brother in Johannesburg, and learned that Serge had passed away from a heart attack on 31 July 2016 in Bellville, where he had lived, worked and raised his family for his entire […]

Categories
Huldeblyke

André Momberg

31 Desember 2015 (Inligting by sy vrou, Esma, gekry)

Categories
Huldeblyke

Aldert Johannes (Allie) Nieuwoudt

14 Julie 1955 – 26 Junie 2024 Daar is met groot hartseer kennis geneem van die afsterwe van Aldert Johannes Nieuwoudt (PRG 1973) op 26 Junie 2024 nadat hy met hartversaking en dubbele longontstekingin die Swartland-hospitaal opgeneem is. Hy sou op 14 Julie 69 jaar oud geword het.

Categories
Huldeblyke

Citto Olwage

Christo (Citto) Olwage Gebore 16 Maart 1956 te Stellenbosch Gesterwe 18 September 2021 in Bellville Na Citto in 1973 aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het, is hy vir sy dienspligjaar na die Lugmag en was hy onder meer ‘n hondehanteerder by die lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad. Die jaar daarna begin hy werk by die bekende […]

Categories
Huldeblyke

Ed Razzano

12 Junie 1955 – 26 April 2024 Ilse Krige: Lewenslange vriendin van Ed Die Doodsiekte Oor Ed kan ek boeke vol skrywe. Ek wil tog net nie hê hy moet gedefinieer word deur die kruis wat hy op die einde moes dra nie. Ed is wel weggevat deur Motor Neuron Disease, maar daardeur het hy […]

Categories
Huldeblyke

Waldo Rust

11/07/55 – 21/05/2004 Rita (Vrou) Ons aanvaar almal dat ons een of ander tyd sal doodgaan – tog was dit ‘n geweldige skok toe ons moes verneem van Waldo se ontydige dood in die ouderdom van 47 jaar. Waldo was ‘n ware mens mens – hy was joviaal, gasvry; lojaal en die lys gaan aan. Hy […]

Categories
Huldeblyke

Anton Scalabrino

27 November 1954 – 26 June 2019 A Tribute to Anton  Those that knew Anton Scalabrino well, will agree that he was one of a kind and made a huge contribution to skydiving in Cape Town and the rest of SA.  KOOS PRETORIUS, a friend, contributed this eulogy to him.  While I am writing about […]

Categories
Huldeblyke

Niel Van der Spuy

14 MEI 2019 Karen Zaayman (Suster) en Naas (Karen se seun) se memories Die fotos is die 2 toekennings wat hy gekry het…Artes for best original music en FNB Best SA composed soundtrack. Niel was an extraordinary person. He had a gentle soul, great humour, and an incredible passion for music. Niel was exceptional in […]

Categories
Huldeblyke

Dawid Van Niekerk

26 Junie 2022 DOGTERS SE HULDEBLYK Pa was n man van integriteit, ń sagte mens met n groot hart, n passie vir die lewe en sy medemens.  Pa se ongelooflike liefde vir die natuur en die sterrehemel was altyd prominent en laat ons vandag met soveel mooi herinneringe en kennis om eendag weer aan ons […]

Categories
Huldeblyke

Jan Van Rooyen

Jan Albert Van Rooyen RIAAN SWIEGERS SE ONTHOU Hoe skryf een mens ‘n artikel oor ‘n ander mens? Een wat self beter as die skrywer kon skryf en duidelik meer verstand gehad het. Elke indiwidu het ‘n eie diepgesetelde self, sy siel, en laat slegs enkele vertrouelinge toe om so dan en wan in te […]

Categories
Huldeblyke

Danie Van Tonder

Daniël Jacobus van Tonder 22•11•1955 – 9•01•2020 RONELL VAN TONDER (VROU) Daniël was lief vir hoede. (Hy het letterlik ‘n hoed vir elke geleentheid en doel gehad wat hy met ‘n “flair” eie aan hom gedra het!). Maar hy het ook graag na die baie verskillende rolle wat hy in sy leeftyd gespeel het as figuurlike hoede […]

Categories
Huldeblyke

Niel (Vissie) Visagie

1974 Radie Loubser onthou Gedagtes loop nou ver terug – ek was redelik goed bevriend met VISSIE deur ons hoërskooljare. Die ander “lede” in die omgewing van Molteno, Paul Kruger- en Dennesigstraat was my broer Piet, Charlie Marais, die O’Connors, die Craffords, die Vissers, die broers Voges, Johan Bouwer (wat toe nog in Paul Krugerstraat […]

Categories
Huldeblyke

Pieter Wehmeyer

14 Oktober 1955 – 14 Mei 2020 Ina (vrou) Pieter Wehmeyer, oftewel Wielietjies, soos hy op skool bekend gestaan het, was ‘n geliefde broer, eggenoot, pa en oupa. Hy het diep spore getrap as ‘n toegewyde familiemens met ‘n onblusbare geesdrif vir die lewe — altyd reg vir ‘n grappie of ‘n nuwe avontuur op […]

Categories
Huldeblyke

Johan Wepener

Weppie WILNA WEPENER (VROU) 15 APRIL 2020 UIT DIE kring van ons ketting is op 15 April 2020 ‘n kosbare skakel geneem met Weps se se skielike afsterwe.  Almal wat hom geken het, se harte is gebreek en hy laat ‘n leemte in ons lewens wat nooit weer gevul sal kan word nie. My dierbare […]

Categories
Klas van 1973

Onderwyser: David Taylor

How does one reflect on the Matric Class of one year of the ten that I spent teaching English at Paul Roos Gymnasium?  These reflections and memories stretch unbroken over the subsequent five decades to the present and are influenced by my own experiences since then.  That said, it seems that destiny determined that Stellenbosch […]

Categories
Klas van 1973

Onderwyseres: Mariette Meyer

Al het soveel jare verloop, onthou ek julle klas baie goed. Ek was destyds maar `n groen onderwyseressie, maar julle was gaaf en goed vir my. As daar `n funksie gereël moes word, het ek nie `n vinger verroer nie, want julle was vinnig by om alles oor te neem en af te rond sonder […]

Categories
Klas van 1973

Onderwyser: Pieter Coetzee

Ek was in 1972 en 1973 die onderwyser vir LO (Liggaamlike Opvoeding) aan Paul Roos Gimnasium. My bande met die skool strek egter heelwat verder terug. Ek is gebore en getoë op Stellenbosch. Die huis waarin ek groot geword het, staan vandag bekend as Schroëderhuis, die oudste woonhuis in Suid-Afrika. Soos baie van julle het […]

Categories
Klas van 1973

Onderwyser: Niel Du Toit

Baie dankie vir die uitnodiging om iets te skryf.  Ek is seker daarvan dat die reëlingskomitee met groot toewyding aan die 50 -jarige herdenkingsfees gewerk het. Mag hulle die nodige erkenning kry by wyse van die inspirerende belewenisse van elkeen wat gaan deelneem.  Julle sal ook geïnspireer word deur die kwaliteit van lewe van julle […]

Categories
In die nuus

Litnet berigte

Uit die mond van Klein-Brakriver | From the mouth of Little Brak River: ’n onderhoud met Skip Krige: https://www.litnet.co.za/uit-die-mond-van-klein-brakriver-from-the-mouth-of-little-brak-river-n-onderhoud-met-skip-krige/ Lees gerus die artikels deur Egmont Sippel op Litnet:

Categories
In die nuus

PRG Old Boys Oktober 2023 Uitgawe

Maroen-Lentelopers durf die Geelhoutroete aan: https://paulroosoldboys.co.za/2023/10/maroen-lentelopers-durf-die-geelhoutroete-aan/ Boomplantdag 2023: Klas van 1973 skenk weer bome aan leerders: https://paulroosoldboys.co.za/2023/10/boomplantdag-2023-klas-van-1973-skenk-weer-bome-aan-leerders/

Categories
In die nuus

Die Benje Momberg Storie

Johan Cillie vertel: Benje Momberg (PRG 2016) het vir die eerstespan rugby gespeel saam met Damian Willemse, een van Paul Roos se huidige Springbokke. Op die aand van 9 September 2023, nadat hy sy kroeg op Van Der Stel sportkompleks toegesluit het, is hy oorval in ‘n rooftog en in die proses raakgeskiet en die […]

Categories
In die nuus

Witvleis in Afrika: Op reis met Sparks

Ons kampeer by die Bangweulumeer, Zambië. Foto’s: MC Botha Lees verder: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/witvleis-in-afrika-op-reis-met-sparks-20230423 MC Botha, Rapport Weekliks, 23 April 2023

Categories
In die nuus

Jannie Rossouw: 1973 was ’n ander wêreld

Lees gerus op Netwerk24: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/1973-was-n-ander-wereld-20230530 Jannie Rossouw, Netwerk24, 31 Mei 2023

Categories
In die nuus

Daar was ‘n simbiose tussen Sparks en PRG

Die kringloop van die lewe: Sparks Esterhuysen as onderwyser, as kransduiker op Hermanus, tussen die dassies van Gearingspunt en omring met sy kinders: Frances Esterhuysen, Thea van der Merwe, en kleinseun. Sparks Esterhuysen, legendariese oud- onderwyser van Paul Roos Gimnaisum en stigter van die Nasionale See-en-Sand Instituut op Hermanus, het op Dinsdag 11 April 2023 […]

Categories
In die nuus

Vaarwel aan stiger van See-en-Sand

Categories
In die nuus

Seisoenstappe en Lentelope

deur Danie van Niekerk Nadat die grendeltyd in April 2020 afgekondig is, bel ek in Mei ‘n ou klasmaat van 1973 om hom geluk te wens met sy verjaardag. Dit was ‘n lekker lang gesprek, want hoewel ons op dieselfde dorp woon, het ons vir baie jare kontak verloor. “Kom braai môreaand by my,” sê […]

Categories
In die nuus

Die 1973 reünie

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=pfbid0241jd913t8N7ftiA3GPsMJtx4gppC8D9vAnm2ikXhs75qNCvi8dRxEt1vAr7pHDtpl&id=100063589990299&mibextid=Nif5oz

Categories
In die nuus

1973 nuus uit die PRG Old Boys blog

Go and have a look for yourself: https://paulroosoldboys.co.za/

Categories
In die nuus

Jules van Karoo

Jagstories deur Julian Theron

Categories
Geskiedenis

PRG Vandag

Categories
Klas van 1973

Erkennings / Acknowledgments

Erkenning, met groot waardering, aan die volgende instansies en persone:

Categories
50ste Reünie

PRG Klas van 1973 – 50ste Reünie 2023

‘n Terugskouing Pieter van Zyl Die Aanloop en Agtergrond Die Paul Roos Gimnasium Klas van 1973 het sedert ons skooldae al ‘n sterk samehorigheidsgevoel gehad, met ‘n kerngroep wat gereeld – in 1993, 1998, 2003, 2013 en 2018 – by wyse van reünies bymekaargekom het. Sedert 2020 het ‘n groep van ons ook ‘n gereelde […]

Categories
50ste Reünie

Sederberg 24 – 27 Februarie

Vrydag 24 Februarie 2023 Sanddrif en kuier Etes 3 Februarie 2023 Hallo Jannie & Almal, Ek het nie die program so heel in my kop nie. Sanddrift is redelik afgeleë en daar is nie baie kans vir regstellings nie. Almal vat eie proviand saam soos benodig. Kromrivuer het ń winkel maar dis beter om nie […]

Categories
50ste Reünie

Stellenbosch 28 Februarie – 5 Maart

Dinsdag, 28 Feb 2023 PRG 157ste Verjaarsdag – Saalbyeenkoms Boomplantseremonie by PRG Krieket Ovaal Kranslegging Gholfmiddag Woensdag, 1 Maart 2023 Skoolbesoek Donderdag, 2 Maart 2023 Keldertoer, Wynproe en Middagete by Simonsig Vrydag, 3 Maart 2023 Krieket Snoekbraai by Markötter Klubhuis Saterdag, 4 Maart 2023 Spesiale Bergpad Staptog Brunch by Aunty Sophie se Kombuis PRG 1973 […]

Categories
50ste Reünie

Die Gedenkwynpak

Pieter van Zyl In November 2022 is Frank Meaker deur die PRG Klas van 1973 Reüniereëlingskomitee (RK) getaak om die samestelling van ‘n prestige gedenkwynpak (6 x 750ml) te koordineer, ter herdenking van ons 50ste Reunie jaar in Maart 2023.  Frank het uitgereik na van ons voorste PRG Old Boys-wynmakers en ses uitsoekwynlandgoedere/wynkelders het positief gereageer op ons uitnodiging: Meerlust, Kanonkop, Simonsig, Mooiplaas, Bosman […]